Categories: NewsPublished On: 5th October 2015

Leer alles oor akwaponika

By 1 min read
231 words

Die eerste omvattende kursus oor alle fasette rakende akwaponiese boerdery deur die wêreldbekende kundige, Murray Hallam, van Australië, word eersdaags in Stellenbosch aangebied. Murray is een van die eerstes wat in-diepte navorsing gedoen het en ook wye praktiese ondervinding het oor dié unieke nuwe manier van boer. 

Sy video’s oor die onderwerp op You Tube is baie gewild met derduisende besoeke. Klein en groot akwaponiese stelsels regdeur die wêreld is op sy model gegrond. 

In Suid-Afrika met sy beperkte waterbronne en uiterstes in klimaat, kan akwaponiese stelsels ‘n groot verskil maak. 

Dit is ‘n baie intensiewe vorm van boerdery met hoë insetkoste, maar ook hoë produksie. Dit berus op die beginsels dat die afvalstowwe van visboerdery die meeste van die voedingstowwe bevat wat plante nodig het. 

In akwaponiese tonnels is daar dus ‘n simbiose tussen die visse en die groente. 

Die kursus bestaan uit twee dele. Daar is ‘n eendagkursus wat oorsigtelik na alles kyk. Die kursus vind op 16 November plaas. 

 Dit word opgevolg deur ‘n volledige vierdag-werkswinkel met ‘n sertifikaat wat behaal kan word. 

Die werkswinkel hanteer alles vanaf die beplanning van die plaas en die finansiering van die projek, tot die verskillende stelsels, die biologiese grondslag, konstruksiewenke en bemarking. 

Die kursus word plaaslik ondersteun deur die Universiteit van Stellenbosch se Departement van Akwakultuur. 

Vir meer inligting, of om te registreer, besoek http://www.regonline.com/Aquaponicsfarmingforthefuture.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0