Laat jou graan vir jou werk met RSA Grain Storage Solutions

5b4e88_73425cf1d190439fb76eea737735a9b5~mv2
Wanneer dit by die berging van jou graan kom – sit jou wins in jou eie sak! Met RSA Grain Storage Solutions se bergingsoplossings sal jou silo homself in ‘n jap-trap afbetaal.
RSA Grain Storage Solutions wil hê jy moet die beheer in jou eie hande neem met hulle silo’s en graandamme wat doeltreffende en veilige berging bied.
Net soos alle tegnologie in die landboubedryf verander en verbeter moet jou graanoplossings ook aan moderne standaarde voldoen. RSA Grain Storage Solutions kan jou daarmee help.
Hoër opbrengste van graan per hektaar en die vryemarkstelsel wat berus op tydsberekening van verhandelings het dit eintlik noodsaaklik vir die boer gemaak om self surplusopbrengste op te berg. Dit maak ekonomies sin, mits dit kostedoeltreffend gedoen kan word.
Met vandag se moderne opbergingsgeriewe is daar opsies vir klein- en grootskaalboere. Hier is ‘n paar voordele om jou eie graan te stoor:
Waardetoevoeging
Met jou eie silo’s en graandamme kan jy verseker dat jy skoon, onbeskadigde en insekvrye graan berg. Jy het beheer oor die gehalte graan wat jy aan die verbruiker bied. Premies vir skoon graan beteken meer wins.

RSA Grain Storage Solutions kan jou bystaan met die oprigting van graansilos en graandamme.
Kostebesparing
Vandag se korporatiewe bergingsgeriewe is gelaai met bykomende kostes en tariewe, van hanteer- en skoonmaakkostes tot sifselverlieskostes. Dit alles dra by tot bykomende uitgawes. Deur self jou graan te berg kan jy hierdie kostes vermy, en die byproduk van die skoonmaakproses bly joune. Hierdie byproduk is die ideale byvoegsel vir voere.
Verbeterde logistiek
By jou eie bergingsgerief bepaal jy self wanneer trokke en waens moet kom en gaan, jy het beheer oor die logistiek. Dit skakel die lang wagtye wanneer trokke staan en wag vir hulle aflaaibeurt, uit. Met minder wagtyd en minder vervoerkoste kan jy nog so paar ekstra sente in jou sak steek. Jy bepaal die ligging van die geriewe sodat dit maklik bereikbaar van jou lande af is en ook moontlik vir jou bure.
Gehaltebeheer
Vandag meer as ooit tevore is die gehalte van die graan wat die boer lewer of self gebruik van kardinale belang. Met jou eie bergingstelsel kan jy verseker wees dat die gehalte graan wat jy daar insit dieselfde gaan wees as wat jy uithaal. Sommige gemeenskaplike silo’s sal grane van verskillende grade meng om die beste klasifisering graan te bekom. By jou eie plek bepaal jy self die gehalte van die produk wat geberg en gelewer word.
Vog- en temperatuurbestuur
Oor die afgelope paar jaar het vog- en temperatuurbestuur in die graanbergingsbedryf baie ontwikkel. Vroeër jare was dit nie altyd moontlik om akkuraat te bepaal wat die presiese toestande in jou silo’s of graandamme is nie. Vandag bied RSA Grain Storage Solutions moniteringstoerusting wat voldoende, akkurate data terugstuur vanuit die silo, om te verseker die beste omstandighede word doeltreffend gehandhaaf.
Sensors binne die silo’s of graandamme meet die vog en temperatuur en die data word regstreek aan die boer gestuur. Dit verseker dat ‘n mens daardie onaangename verrassing van ontkieming, wanneer graan nie reg geberg word nie, vermy.

Bespaar kostes en rig vandag nog jou eie graanbergingsstruktuur op saam met RSA Grain Storage Solutions.
Opemarkvoordeel
Jou eie graanberging beteken dat jy beheer het oor die afleweringspunte en afsette. Boere word nie meer gedwing om een sentrale punt se aanbod vir aankoop, of agente vir bemarking, te gebruik nie. Daar is verskeie platforms en maatskappye wat spesialiseer in die bemarking van graan van die plaas af. Die boer kan self bepaal wanneer hy die graan wil verkoop en daaruit ook die optimale voordeel van verskillende markpryse kry.
Langtermynbergin
Graanopberging is nie net vir die graanboer beskore nie, maar ook vir veeboere. Boere kan nou graan aankoop teen die laagste prys en dit berg om te gebruik regdeur die seisoen. Dit help om voerkostes so laag as moontlik te hou. RSA Grain Storage Solutions sê van die grootste bergingsgeriewe op private eiendom, word juis aangewend vir die berging van voer vir grootvee, kleinvee en pluimvee.
Risikobestuur
Risikobestuur is gewoonlik die laaste ding wat in ag geneem word wanneer boere dit oorweeg om self graan te berg. Deur jou eie geriewe te hê kan jy die risiko aansienlik verminder. Die korrekte prosesse en beheer oor jou geriewe kan na-oes risikos grootliks uitskakel. Die graan in jou silo’s en graandamme is ten volle onder jou beheer. Daar kan geen onsekerheid wees of jou graan nog in die silo is, of dalk gelewer is sonder jou kennis nie.
Met so ‘n mondvol onbetwisbare feite kan ‘n mens nie anders as om die impak te verstaan wat jou eie bergingsgeriewe vir jou boerdery inhou nie.
Die belangrikste is om te verseker dat die geriewe wat jy oprig geskik is vir jou behoeftes. Boerderye verskil en die oplossing wat vir jou buurman werk, is nie noodwendig die beste oplossing vir jou nie.
RSA Grain Storage Solutions spesialiseer in pasgemaakte oplossings wat vir jou behoeftes ontwerp en ontwikkel word.
Dit maak altyd sin om ‘n bate by jou plaas te voeg waaruit geslagte nog waarde gaan put.

RSA Grain Storage Solutions het ‘n oplossing vir elke boer volgens sy unieke behoeftes.
Besoek gerus RSA Grain Storage Solutions se webwerf by www.rsagrainstoragesolutions.co.za vir meer inligting.