Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 12th February 2025

Laat die vierwielle jou vryheid gee op die plaas

By 3 min read
543 words

20250125_091502

Die Smith Power span by die motorfietsekspo.

Waar ‘n bakkie te kort skiet sal enige van Smith Power Equipment se vierwielvoertuie die mas opkom. Van die Linhai Rustler of Polaris Sportsman vierwielmotorfietsreeks tot die Linhai T-Archon en Polaris Ranger alle terrein voertuie, by Smith Power Equipment sal jy die voertuig kry wat die beste vir jou werk.

Smith Power Equipment het onlangs verskeie van hulle vierwielmodelle saamgeneem na die Redstar Raceway moterfiets ekspo. Hier kon besoekers die Linhai Rustler 300 Sport, Linhai Rustler M170, Polaris Sportsman 570 EFI, Linhai T-Archon 400, Linhai T-Archon 550L, Polaris Ranger 1000 Premium asook die nuutste Smith gholfkarretjie, van nader bekyk.

Vierwielmotorfietse

Indien jy vining van een plek na ‘n ander moet beweeg op die plaas is ‘n vierwielmotorfiest maklik en gerieflik. Die motorfietse is kompak en rats, jy kan deur klein spasies en oor rowwe terrein beweeg sonder enige gesukkel.

Vierwielmotorfietse is net wat jy nodig het om gou na jou heining of vee te gaan kyk en in vergelyking met ‘n groter voertuig is hulle ook kostedoeltreffend.

Hoewel Smith Power Equipment ‘n wye reeks vierwielmotorfietse het, het hulle by die motorfiets ekspo hulle Linhai Rustler 300 Sport, Linhai Rustler M170 en Polaris Sportsman 570 EFI uitgestal.

Die Polaris Sportsman 570 EFI.

Die Linhai Rustler M170.

Die Linhai Rustler 300 Sport.

Linhai Rustler 300 Sport beskik oor die volgende eienskappe:

  • 275 cc enjin
  • 2X4 en 4X4
  • 4 slag enkelsilinder enjin
  • Die 2X4 het ‘n 14 liter brandstoftenk en die 4X4 het ‘n 13 liter tenk
  • Dra krag van 129 kg
  • Kan tot 150 kg sleep
  • Die voorste drarak kan 36 kg dra
  • Die agterste drarak kan 18 kg dra

Linhai Rustler M170

  • 170 cc enjin
  • 4 slag enkelsilinder enjin
  • 10 liter brandstoftenk
  • Dra krag van 75 kg

Polaris Sportsman 570 EFI

  • 567 cc enjin
  • Prostar 4 slag enkelsilinder enjin
  • 17 liter brandstoftenk
  • Dra krag van 220 kg
  • Spog met ‘n sleep vermoë van 612 kg
  • Gesamentlike voor- en agterdrarak kapasiteit van 123 kg

Vierwielvoertuie

‘n Vierwielvoertuig kan jou sommer baie tyd en geld spaar op die plaas. ‘n Boer kan blitvinnig gereedskap of voorraad vervoer oor rowwe terrein of deur nou paaie. Hierdie voertuie kan ook aangepas word om implemente soos spreiers of strooiers te sleep, asook sleepwaens vir esktra dra kapasiteit.

In vergelyking met trekkers en bakkies is vierwielvoertuie baie meers kostedoeltreffend om te koop, gebruik en te onderhou. Moderne vierwielvoertuie kom met topklaas veiligheidskenmerke wat ‘n beter suspensie, brieke en meer insluit. Boonop is di took prettig om met die voertuie rond te rits.

Smith Power Equipment het die Linhai T-Archon 400, Linhai T-Archon 550L en Polaris Ranger 1000 Premium by die motorfietsekspo uitgestal.

Die Linhai T-Archon 400.

Linhai T-Archon 400

  • 352 cc enjin
  • 4 slag enkelsilinder enjin
  • 26 liter brandstoftenk
  • Dra krag van 490 kg
  • sleep vermoë van 330 kg
  • 2X4 of 4X4
  • grondvryehoogte van 280 mm

Die Linhai T-Archon 550.

Linhai T-Archon 550L

  • 493 cc enjin
  • 4 slag enjin
  • 26 liter brandstoftenk
  • Dra krag van 720 kg
  • Sleep vermoë van 680 kg
  • 2X4, 4X4 of lae 4X aandrywing is beskikbaar
  • Grondvryehoogte van 280 mm

Die Polaris Ranger 1000 Premium.

Polaris Ranger 1000

  • 999 cc enjin
  • 4 slag tweesilinder enjin
  • 43 liter brandstoftenk
  • Dra krag van 680 kg
  • Sleep vermoë van 1 134 kg
  • Die bak kan 454 kg dra
  • Grondvryehoogte van 305 mm
  • Dit kan met drie of ses sitplekke toegerus word.

Dit is duidelik indien jy ‘n voertuig soek wat jou rowwe plaaspaaie kan aanvat en vining en maklik rondbeweeg, het Smith Power Equipment net wat jy nodig het.

Besoek gerus hulle webstuiste by www.smithpower.co.za om hulle volledige reeks te sien.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0