Categories: NewsPublished On: 30th August 2016

La Niña is op pad

By 1 min read
212 words

reen

Boere moenie te bekommerd wees nie, want reën is later in die somermaande op pad wat die damvlakke weer sal laat styg.

Johan van der Berg, klimatoloog van Santam Landbou, sê in opvolg op sy artikel in die VL Sê van Julie 2016. Die meeste voorspellings dui op ’n 50% tot 60% kans vir ’n La Niña-verskynsel vir die 2016/17 seisoen.

Hy sê die toestande wat oor die Indiese Oseaan heers het ’n groot invloed hierop. Dié toestande is tans baie gunstig, wat die kans vir goeie reën tydens die La Niña-verskynsel verhoog. “Gegewe die verwagting vir ’n La Niña-verskynsel vir die 2016/17 seisoen, word die volgende verwag:

Die kanse vir lentereën (September en die eerste twee weke van Oktober) lyk gemiddeld tot onder-gemiddeld.

’n Baie goeie kans bestaan vir reën oor die somerreënvalgebied. Dit is vanaf die tweede deel van Oktober maar veral rondom Desember asook in Februarie/Maart 2017. Dit is veral die sentrale, suidoostelike en westelike dele van die land waar bogemiddelde reënval verwag word.

Johan voeg by dat La Niña-verskynsels gewoonlik verantwoordelik is vir genoeg water om damvlakke te laat styg en dit behoort alreeds voor die einde van Desember ‘n positiewe uitwerking te hê. Dit kan die besproeiingsituasie verbeter.

Bron: Vrystaat Landbou nuusflitse

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0