Categories: NuusPublished On: 19th June 2018

Kynoch Kunsmis vereer met ’n NAMPO-toekenning

By 1 min read
131 words

Nampo Award4_Kynoch reg

Marlie Gnäde, Media- en bemarkingskoördineerder van Kynoch Kunsmis, met die Nampo-sertifikaat wat aan Kynoch toegeken is in die kategorie: Buite standplaas.

NAMPO 2018 is vanaf 15 tot 18 Mei in Bothaville gehou. Soos altyd was dit ’n reusesukses en is daar gekuier, sake gedoen en nuwe vriendskapsbande gesmee en sien almal reeds uit na die volgende jaar, ongeag die harde werk.

Vanjaar  was die eerste keer dat die bestuur van Nampo besluit het om toekennings te gee aan van die uitstallers. Daar was drie kategorieë: Binne standplase, buite standplase en damesuitstallers.

Kynoch Kunsmis was een van die wenners in die buite standplaas-kategorie. Die ander wenners in die kategorie was Mercedes-Benz SA en MAN Truck & Bus.

Daar het baie harde werk en ure se swoeg en sweet in ons standplaas ingegaan en daarom is ons tereg trots op hierdie prestasie. Baie dankie aan almal wat ’n bydra gemaak het en Kynoch se naam hooggehou het.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0