Categories: NewsPublished On: 19th April 2017

Kyk! So lyk Ford se nuwe beperkte uitgawe Fx4 model

By 2 min read
356 words
Ford Fx4

fx4-3_1800x1800

Uitstaande prestasie en tegnologie is die kenmerke van die Ford Ranger-reeks. En nou na al die drama wat Ford die afgelope tyd gehad het spog hulle met ‘n nog groter toonaangewende styl te danke aan die bekendstelling van die beperkte uitgawe Ford Ranger Fx4.

Die Ranger Fx4 is gegrond op die 3.2-liter XLT dubbelkajuit 4×4 en het ‘n verskeidenheid stileringsveranderings ondergaan.

“Die Ranger Fx4 vul ‘n unieke gaping in ons huidige reeks omdat dit aan die Ranger-kliënte ‘n voertuig bied wat deel is van ons standaard vervaardigingsproses maar met ‘n hele nuwe vlak van eksklusiwiteit,” sê Tracey Delate, hoofbestuurder van Bemarking by Ford Motormaatskappy in Sub-Sahara Afrika-streek.

“Hierdie is ‘n opwindende spesiale uitgawe vir die Ranger-reeks wat sy eie persoonlikheid het en is ontwerp om uniek te wees in die oorlaaide mark,” voeg Tracey by. “Daar is ‘n sterk aanvraag vir die aanpas van die standaard Ranger vir geesdriftige kliënte en die Ranger Fx4 vul daardie spasie uitstekend.”

Saam met die deurlopende Ranger-tema van krag en taaiheid, spog die Ranger Fx4  met aantreklike swart afronding op die lugrooster, misligklampe, kantspieëls en deurhandvatsels.

Die 17-duim allooiwiele word verskaf in ‘n opvallende Panther-swart afwerking. Dieselfde kleur is gebruik vir die kanttrappe, agterste buffer en spesale Fx4 rondepypraamwerk agter op die bak. Die bak word ook beskerm met ‘n spesiale rubbervoering. Om die ontwerp af te rond is  spesiale Fx4-kentekens op die kante en agter aangebring.

Die Ranger Fx4 is eksklusief beskikbaar in die volgende vier kleure: Frozen White, Moondust Silver, Sea Grey en Panther Black. Die beperkte uitgawe Ranger Fx4 is slegs beskikbaar in die 4×4-reeks. Dit kan bestel word met sesgang-handratkas of outomaties.

Die Fx4 beskik oor die nuutste generasie SYNC®3 met ‘n navigasie- en vermaakstelsel.

Handelspryse:

Ford Ranger Fx4 3.2 TDCi Dubbelkajuit 6MT 4×4 – R593 900

Ford Ranger Fx4 3.2 TDCi Dubbelkajuit Cab 6AT 4×4 – R608 900

Alle modelle kom standaard met die Ford Protect-plan wat ‘n 4 jaar/12 000 km omvattende waarborg insluit, 5 jaar/100 000 km diensplan, 3 jaar/onbeperkte km padbystandsdiens en 5 jaar/onbeperkte km roes waarborg.

Versien-intervalle is elke 20 000 km, met gratis 4×4 opleiding met die aankoop van enige 4×4 Ranger-model.

Bron: Ford Motormaatskappy

Ford Fx4

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0