Kubota se L5040 is 'n ramkat vir die landbou
Met al die goed-deurdagte funksies en rewolusionêre eienskappe wat so eie aan Kubota is, is dit geen wonder dat die maatskappy besig is om ’n stewige vastrapplek in Suid-Afrikaanse landbou te kry nie.
Volgens Robert Keir, kommunikasiebeampte van Smith Power Equipment, wat Kubota trekkers, trekker-laaier-trekskoppe(TLB’s) en rowweterreinvoertuie(RTV’e) in Suid-Afrika versprei, toon boere en veral dié in die Wes-Kaap ‘n groeiende belangstelling in die Kubota L5040.
“Die kombinasie van ‘n mededingendeprys, beskikbaarheid van onderdele, eenvoudige hantering en ongelooflike krag maak die Kubota L-reeks trekkers uitstekend vir boere, watookal die taak mag wees – van terreininstandhouding en kommersiële landskapargitektuur tot algemene boerdery,” sê Robert.
Die opvallende kenmerke van die L5040, wat 38,9 kW krag lewer, is die enjinontwerp, remvermoë en heen- en trukoppelaar.
Die organisasie is ’n wêreldleier in die ontwerp en lewering van gevorderde, maar betroubare dieselenjins tot 100 perdekrag (75 kW). Die viersilinder turbo-aangejaagde enjins voldoen aan al die vrystellingwetgewingvereistes regoor die wêreld. Kubota word erken as ’n leier op hierdie gebied en verseker uitsonderlike kraglewering tesame met brandstofdoeltreffendheid en ’n gladde, stil werking.
Net so kragtig as wat die Kubota kan trek, net so onwrikbaar stop hy as jou voet die rempedaal raak. Die vierwielremaksie met nat skyfrempakke in die ewenaarstelsel sorg dat die Kubota nooit onder die aansporing van ‘n vol spuit of swaargelaaide sleepwa op loop sal sit nie.Die handrem is ewe doeltreffend met ‘n trapgrendel en konvensionele hefboomstelsel.
Boere en trekkeroperateurs is ook bly oor Kubota se ratse heen- en truskakeling. Dit word beheer met ‘n hefboompie onder die stuurwiel met drie eenvoudig verstaanbare posisies. In die middel is neutraal; voor is vorentoe(F) en agte ris agtertoe(R). Die hefboom moet in F of R wees voor die trekker kan beweeg. Die voordeel van hierdie stelsel is dat ratveranderinge in beweging sonder die nodigheid om die koppelaarpedaal te trap gemaak kan word wanneer werktuie soos laaigrawe of baalvurke of agtergemonteerde vurkhysers gebruik word.
Robert sê: “Ons het ‘n mengsel van unieke tegnologie in die trekkers en dit is een van die redes waarom Kubota een van die vinnigste groeiende trekkerhandelsmerke in Suider-Afrika en die wêreld is.”