Kry gemoedsrus met Gallagher se elektrieseheining-oplossings
Plaasveiligheid gaan nie net oor jou gesin se veiligheid nie – dit gaan ook oor die beskerming van jou oeste en vee. Gallagher Animal Management verstaan dit beter as enigiemand anders en daarom bied hulle vir jou die nuutste tegnologie vir elektriese heinings, sodat jy die gemoedsrus kan hê wat jy verdien.
Elektriese heinings is geskik om wilde diere weg te hou van jou vee of oeste, asook om jou vee binne jou plaas se grense te hou. Gallagher Animal Management se iSeries-Enegrizers (elektriese geleiers) gee jou heining ’n elektriese lading om ongewenste diere met ‘n geniepsige skok af te skrik, sonder om enige skade te veroorsaak. Met Gallagher Animal Management se wye reeks iSeries-Energizers (elektriese geleiers) kan jy jou heining presies volgens jou behoeftes aanpas.
Voordele van Gallagher se iSeries-Energizers
Hierdie reeks kan met batterye of sonkrag aangedryf word en is ontwerp om te verseker dat meer krag die einde van jou heining bereik, selfs al is daar ‘n fout op die heining. Die elektriese geleiers kan alle weersomstandighede weerstaan en beskik ook selfs oor ingeboude weerligbeskerming.
Gallagher Animal Management bied verskuifbare sowel as permanente oplossings vir jou heining en voorsien ook versnydingspasstukke waarmee ‘n bestaande of nuwe heining geëlektrifiseer kan word (offset retro fencing).
Die wye reeks elektriese geleiers wat Gallagher beskikbaar het is geskik vir enige doeleindes volgens jou vereistes, hetsy vir ‘n klein- of kommersiële plaas, industriële geboue of in ‘n residensiële buurt. Noem dit en Gallagher kan dit omhein.
Met Gallagher Animal Management kry jy nie net ‘n uitstekende, betroubare en duursame elektriese heining nie, maar ook volle beheer. Daarom sluit hulle iSeries-reeks bykomstighede in vir afstandbeheer en -monitering.
Hierdie bykomstighede sluit ‘n heiningmonitor in, om die werkverrigting van jou heining te meet, asook foutopsporingstoerusting waarmee jy maklik foute kan opspoor vir vinnige en eenvoudige herstelwerk.
Tyd is geld, en daarom stel die Gallagher Ag Mobile-toepassing jou in staat om jou Energizers (elektriese geleiers) van jou selfoon af te dop te hou en te beheer. Jy kan enige tyd, van enige plek af die status van jou heining nagaan, die toepassing laat weet jou dadelik as iets verkeerd gaan.
Maklik verskuifbare heinings
Soms kan dit moeilik wees om jou vee na ‘n nuwe weiding te skuif, maar met die Smart Fence het jy ‘n draagbare, alles-in-een-elektriese heiningstelsel. Hierdie tydelike heiningstelsel bied jou dieselfde sekerheid as ‘n permanente oplossing, maar in ‘n maklik vervoerbare pakket.
Met Gallagher se elektrieseheining-oplossings is dit nie ‘n kwessie van hoe nie, maar van wanneer. Slaap rustig in die nag met die wete dat jou vee en oeste veilig is.
Besoek Gallagher Animal Management se webwerf, Gallagher South Africa Online Store, om meer te leer oor die verskillende opsies wat hulle vir jou plaas beskikbaar het.