Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 4th April 2022

Knittex is slaggereed vir NAMPO 2022

By 2 min read
416 words

IMG-20170516-WA0049

Gee jou gewasse ՚n voorsprong en ՚n beter kans om te presteer. Kom kyk self by NAMPO: Met wetenskap, vernuwende ligmanipulasie en UV-bestuur skep skadunet met foto-selektiewe kleur ‘n omgewing wat gemanipuleer kan word in optimale groeitoestande vir gewasse om in te floreer.

Skadunet kan ook help om doeltreffende waterverbruik te bevorder, aangesien dit die hoeveelheid verdamping verminder.

՚n Goed geboude skaduhuis voorsien ՚n beskermde mikroklimaat, gunstig vir saailinge, vrugte, snyblomme en potplante. In ՚n warm klimaat word groente en snyblomme onder skadunet verbou om hitte en ligintensiteit te verminder.

Die sleutel is om die plant van die beste gehalte lig te voorsien, maar wat word bedoel met liggehalte? Fotosintese word die doeltreffendste bevorder deur blou en rooi lig.

Blou lig (met ‘n golflengtereeks van 425 tot 500 nanometer) het hoër energievlakke wat veral belangrik is vir die aanvanklike stadiums van plantegroei sowel as tydens die blom- en vrugkleurproses.

Rooi lig (met ‘n golflengte reeks van 650 tot 700 nm) maak voorsiening vir uitstekende plantgroei en -ontwikkeling as gevolg van sy matige energievlak.

Die hoeveelheid blou en rooi lig, sowel as die verhouding van blou tot rooi lig, moet deur die boer gemanipuleer word om die beste gehalte, grootte en kleur in vrugte of groente te verkry of om blomgrootte en stamlengte in blomverbouing te verbeter.

Hierdie proses word gedoen deur SpectraNet in verskillende digthede en kleure, of ‘n kombinasie daarvan, te gebruik om geselekteerde liggolflengtes te absorbeer, te weerkaats, oor te dra en te versprei soos benodig vir spesifieke plante.

Voordele van Knittex-skadunet sluit in dat die materiaal nie uitrafel wanneer dit gesny word nie. Wanneer die die materiaal beskadig word, kan herstelwerk maklik gedoen word.

Die buigsame, duursame en ligte materiaal is maklik om op te rig en lig deur te laat vloei as gevolg van die oopgaassamestelling daarvan.

Vanjaar demonstreer Knittex by NAMPO die SpectraNet se krag deur ‘n struktuur van 2 x 2 m op te rig en dit met SpectraNet Kode 20 te bedek. Ons laai die Sondag voor NAMPO 400 kg bo-op die net en laat dit so staan vir die hele week van NAMPO. Kom kyk self.

Knittex is ‘n toonaangewende vervaardiger van hoëgehalte skadunetmateriaal wat duursaam en 100% herwinbaar is. Hulle SpectraNet-reeks bied boere die beste resultate en hoogste opbrengs op hulle belegging. Dit word gerugsteun deur jare se navorsing en ontwikkeling om te verseker dat Knittex-skadunet ‘n gewaarborgde lewensduur van tien jaar of meer het.

Besoek Knittex vanjaar by NAMPO, stalletjie H10B, en staan ‘n kans om een van vyf Knittex-grondnette te wen.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0