Categories: NewsPublished On: 25th January 2016

Kleuterskool verskaf water aan Vrystaat

By 1 min read
216 words

Die kleuters van Kleutergenot-kleuterskool was baie opgewonde oor die waterprojek. Foto-Rozier van Tonder (3)

Van groot tot klein is mense regoor die land besig om mekaar te help in die tydperk van droogte. Selfs ‘n kleuterskool in Pretoria het ingespring om water in te samel vir mense wat ‘n groot behoefte daaraan het.

AfriForum sê dat hulle in samewerking met Cell C en Kleutergenot Kleuterskool water aan droogtegebiede verskaf het. Die water is vanaf die kleuterskool in Rietvalleirand, Pretoria tot in Smithfield in die Vrystaat vervoer.

Volgens Henk Maree, AfriForum se nasionale woordvoerder, het die kleuterskool 3 000 liter water ingesamel, terwyl AfriForum ook water geskenk het en Cell C die vervoerreëlings in plek gestel het.

“Kleutergenot Kleuterskool is ‘n omgeeskool waar ons die kleuters leer om die behoeftes en nood van ander mense, veral kinders, raak te sien. Hierdie projek is vanuit ‘n Christelike oog benader. Die hand van die Here is duidelik te sien in die hoeveelheid water wat ingesamel is. Ons wil dankie sê aan elke ouer wat hulle harte oopgemaak het,” het Sophia Theunissen van Kleutergenot Kleuterskool gesê.

Processed with VSCOcam with t1 preset

Suzette van der Merwe, die besturende hoof van die Cell C-stigting, het gesê dit is wonderlik om te sien hoeveel jongmense en gemeenskappe saamwerk om water aan noodgebiede te verskaf. “Cell C glo in die opheffing van gemeenskappe en hierdie is net een manier waarop ons dit kan doen.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0