Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 24th May 2026

Kanna Industries bemeester doeltreffende wolhantering

By 2 min read
417 words

kanna hoof

’n Ordentlike wolpers is vir enige wolboer ’n noodsaaklike belegging vir die doeltreffende en professionale hantering van wol. Nie net help dit om wol netjies en kompak te verpak vir vervoer en berging nie, maar dit speel ook ’n groot rol in die behoud van wolgehalte en die uiteindelike prys wat boere vir hul wol ontvang.

Met stygende insetkoste en ’n mededingende mark kan ’n betroubare wolpers boere help om tyd, arbeid en geld te bespaar, terwyl dit verseker dat bale aan markstandaarde voldoen.

Willa Nolte, eienaar van Kanna Industries, vertel meer oor hul betroubare wolperse wat vir die boer ontwerp is.

Outomatiese wolpers

Dit is redelik bekend onder die wolboere en Willa noem dat daar baie verbeterings gemaak is aan die masjien.

“Ons het net ’n paar ekstra veiligheidsmaatreëls ingebring soos om ’n outomatiese vangnet by die deur ingesit. Dan maak hy die deur toe en is dit nie meer nodig om hom fisies in te haak nie,” sê Willa.

Kanna het ook baie verander aan die spoed. “Die boer sal sien die siklus wat hy doen is tussen 16 en 20 sekondes. Dit het verdubbel van die vorige model af. Die deur maak ook outomaties oop as hy klaar is, so dit verhoog jou produksie in die wolstoor,” voeg Willa by. Daar is ook ’n skaal wat seker maak die wol is die regte gewig.

Vir die verskuiwing van die masjien is groter wiele opgesit.

“Die masjien kan ook ’n meter korter gemaak word as jy hom in ’n stoor moet inskuif en hy te hoog is,” sê Willa.

Elektriese wolpers

Hierdie wolpers is spesifiek gemaak vir die meer bekostigbare mark en sodat boere steeds goeie produksie uit hul masjien kan kry teen ’n laer prys. “Wat dié masjien uniek maak is wanneer die penne gesteek word, word dit bo die wolbaal gesteek en nie in die wolbaal nie. Dit trek ook maklik uit.”

Die wolpers kom ook opsioneel met ’n skaal en die ander toevoeging is ’n band (strap) band wat help om die baal uit te trek. Dan sit jou baal nie vas nie.

Herwinbare materiaalperse

Hierdie vertikale wolpers se bale kan maklik uitgehaal word as boere die wolperse oopmaak. Die vloer lig op met ’n stamper (plunger) wat die baal uithaal.

Kanna se toerusting word ontwerp en gebou om doeltreffend, eenvoudig, duursaam en bekostigbaar te wees. Besoek die webwerf ofskakel vir Willa by (+27)72-333-1051 of stuur ’n e-pos aan willa@kannaindustries.co.za vir meer inligting oor Kanna se uitnemende toerusting.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0