Kaas en Ham-Tert

kaas en ham tert
Jy benodig:
- 30 ml botter
- 30 ml koekmeel
- 10 ml gegeurde seesout
- ‘n knippie rooipeper
- 5 ml droë mosterd
- 375 ml karringmelk
- 250 g ham, of weense worsies in dun repies
- 250 ml cheddar kaas, grof gerasper
- 30 ml fyn gekapte pietersielie
- 3 eiers, geklits
- Puff Pastry / Pastei Deeg
Nou maak jy so:
- Bak die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220 C.
- Verhit die oond tot 180 C.
- Meng die botter, meel, sout, rooipeper en mosterd oor lae hitte.
- Roer die karringmelk by en meng glad.
- Roer en kook 2 minute, verwyder van die hitte.
- Laat effens afkoel.
- Roer die ander bestanddele by.
- Skep die vulsel in die vooraf gebakte pasteikors.
- Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche van Deli-icious Catering.