Categories: Stock and game farmingPublished On: 23rd January 2017

Jupidex het alles om mooi hooi te maak

By 1 min read
231 words

jupidex ad

Na die mildelike reën is die Oostelike Hoëveld oortrek met welige grasvlaktes en vanjaar gaan boere beslis genoeg tyd opsy sit om graskuilvoer en bale te maak. Jupidex was in hulle volle glorie by die Balfour Boerevereniging se jaarlikse hooidag teenwoordig en kon vir boere wys hoe uitmuntend hulle tydbeproefde werktuie kan sny, hark en baal.

Jupidex

Die Kverneland Taarup 9542-enkelspoelhark met sy hidrouliese hyser pof die gras mooi op vir vinnige uitdroog. Sy werkswydte is 4,2 meter. Die hark se Pro Line-ratkas is ten volle verseël en so ontwerp dat die boer van onderhoud kan vergeet.

Jupidex

Die Vicon Extra 540-sleepsnyer werk vier meter wyd en is toegerus met tien driehoeklemme, want drie lemme werk noodwendig makliker en beter as twee. Die snyer se swewende onderstel is gebou vir kontoere en volg maklik die grondprofiel.

Jupidex

McHale en langlewendheid is sinoniem. “’n Gewone baler se plate in die baalkamer begin na 40 000 tot 60 000 bale deurskuur. McHale het al bewys dat hy met gemak tussen 130 000 en 140 000 bale kan deurstuur,” sê Johan Claassen, Jupidex streeksbestuurder vir Sentraal en Oos-Vrystaat. Langs hom staan Piet Vorster, Jupidex se nuwe bemarkingsbestuurder.
Die Fusion agter hulle kan ’n baal met plastiek toedraai
terwyl die volgende een reeds in die baalkamer is.

Maak hierdie hooimaakseisoen ’n klinkende sukses met Jupidex. Jou diere sal dankbaar wees. Vir meer inligting, skakel Jupidex by 033-386-3574 of besoek www.jupidex.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0