Jupidex bewaarheid elke boer se drome: Werktuie wat werklik werk vir boere wat wil boer

DSC_0331
Een van vanjaar se hoogtepunte by die Jupidex-standplaas was die indrukwekkende en nuut-op-die-mark Degelman Pro-till 40-hoëspoeddis.
Boere se oë het vanjaar weer geblink by aanskoue van die wenwerktuie wat Jupidex by NAMPO

Vir maklike en eenvoudige vermenging het die iXter-spuite ook die mengbak aan die kant van die spuit gemonteer, so niemand hoef op te klim en binne-in die tenk te vermeng nie. Jy kan gerieflik werk en sien wat jy doen.
vertoon het. Jupidex is immers ’n markleier in Suid-Afrika vir die verskaffing en ondersteuning van hoëgehalte-landboutoerusting.
Die nuutste tegnologie wat Jupidex by NAMPO vertoon het, het ՚n groot verskeidenheid nuttige werktuie ingesluit – grondvoorbereidingstoerusting, strooiers, hooitoerusting, voermengers, spuite, presisietegnologie en meer. Jupidex ywer immer fluks voort om beter oplossings vir ons boere te vind en daarom kos dit meet en kopkrap om al Jupidex se voortreflike werktuie op twee standplase by NAMPO te pas. Davel Kirstein, nasionale verkoopsbestuurder van Jupidex, vertel meer: “Dit is ongelooflik om al ons klante weer te kan sien by NAMPO.
NAMPO bied ՚n platform om ons nuwe produkte aan die boere en die mark bekend te stel. Die interaksie tussen die boere en die terugvoer wat ons van hulle kant af kry, is vir ons baie waardevol, want dit stel ons in staat om by die boere se behoeftes aan te pas.”

Vir meer spuitvolume kan die iXtra
voor aan jou trekker gemonteer
word.
Davel voeg by: “Bo en behalwe geleenthede soos NAMPO hou ons ook baie boeredae, nie net self nie, maar ook saam met ons handelaars regoor die land. Ons gee ook opleiding vir ons handelaars, en dra tegniese kennis oor aan hulle sodat hulle boere beter kan bedien en in staat stel om die meeste nut uit ons toerusting te put.”
Jupidex se verskeidenheid toerusting by NAMPO
Jupidex het vanjaar nog meer toerusting as voorheen by NAMPO tentoongestel. “Ons het ook ons eie Kvernelandreeks baie uitgebrei, en daar waar daar behoeftes is, het ons produkte gevind om die gapings te vul,” vertel Davel.
Nuwe reeks Kverneland-spuite – eerste jaar op NAMPO
Die nuwe mooi rooi Kverneland iXter B18-presisiespuit het baie aandag by NAMPO gelok.
“Ons is ook baie trots op ons volledige reeks hoëtegnologie voorgemonteerde, sleep- en selfaangedrewe Kverneland-spuite wat ons by NAMPO kon wys,” sê Davel.
“Die een spuit wat ons graag vandag wil uitlig is die Kverneland iXter B18- sleepspuit met sy kombinasie iXtra voorgemonteerde tenk. Die Kverneland iXter B-gemonteerde spuitreeks is die vrug van jare se navorsing en ontwikkeling in noue samewerking met boere: dit is vandag die mees gevorderde gemonteerde spuitreeks,” verduidelik Davel. Hierdie spuitreeks sal enige boer ver vorentoe vat en word sterk aanbeveel vir presisieboerdery. Die iXter B18 kan tot 24 meter wyd werk en hou 3 000 liter spuitstof (1 800 liter agter en 1 200 liter voor) sodat jy nie elke nou en dan jou spuitwerk hoef te onderbreek om vol te maak nie.
“’n Voordeel van hierdie kombinasie is die feit dat jy twee verskillende soorte chemikalieë op een slag kan toedien en oor hoër kapasiteit en meer volume beskik,” voeg Davel by.
Nuwe reeks Kayhan Ertuğrulstampbalers in die Jupidex-stal

Die Kayhan Ertuğrul-stampbalers.
Jupidex het ook onlangs hulle nuwe reeks Kayhan Ertuğrul-stampbalers bekendgestel. Die twee balers wat by NAMPO gepronk het was die Kayhan Ertuğrul 520 en 555. “Ons het reeds ՚n paar van hierdie nuwe balers aan klante verkoop en die boere is baie tevrede met die reeks. Dit is ՚n hoëgehalte baler wat ՚n klomp kompakte bale in ՚n japtrap maak. Ons sien uit om nog meer van hulle aan boere in ons midde te verkoop,” sê Davel.
Hierdie kompakte Kayhan Ertuğrulstampbalers het verskeie veiligheidsmeganismes, met breekboute op verskeie plekke om jou baler te beskerm. Die KE 520 het ook ՚n veiligheidspen, wat uitskiet wanneer daar enige probleem voorkom. Dit help om te verhoed dat jy naalde breek. Die balers se knoop- en bindmeganisme is eenvoudig om te onderhou, maklik om mee te werk, en die onderdele vir hierdie balers is maklik en vrylik beskikbaar by Jupidex en hulle handelaars.
Kayhan Ertuğrulkuilvoerkerwers

Die klein, maar doeltreffende KE 125- en KE 120-kuilvoerkerwers.
“Die Kayhan Ertuğrul-kuilvoerkerwers is ook van ons nuwe produkte. Hulle is beskikbaar in twee verskillende modelle – die KE 125 en die KE 120. Hierdie kuilvoerkerwers is baie gewild onder kleiner boere, die Afrika-mark asook boere wat nie vir kontrakteurs wil wag nie, maar onmiddellik kuilvoer wil sny vir hulle beeste.
“Die KE 120 is ՚n enkelry kuilvoerkerwer. Dit is maklik om te gebruik en te onderhou, met min kW wat vereis word om hom te trek,” verduidelik Davel.
“Die KE 125 is ՚n meerdoelige kerwer wat geskik is om graan en grasgewasse te sny en te kerf. Hierdie kerwer kan voor, agter of langs jou trekker gemonteer word. Sy uitlaatgeut kan 360 grade draai om oorlaai te vergemaklik en vermorsing uit te skakel. Hy het ook ՚n trekstang agteraan, wat jou in staat stel om ՚n kuilvoerwa aan te haak, sodat jy nie ՚n ekstra trekker vir die wa nodig het nie. Jy het ook nie ՚n baie groot trekker nodig om hierdie kerwer te sleep nie.” Albei kerwers se messe word outomaties skerpgemaak met die slypsteen wat in die kerwer gemonteer is.
Toscano – nuwe grondbewerkingstoevoegings

Die nuwe Toscano 6-meter hoëspoeddis.
“Ons het ook vanjaar by NAMPO ons nuwe Toscano-hoëspoeddis en krageg. Die Toscano-hoëspoeddis is beskikbaar met werkwydtes van ses en vier meter. Ons het die nuwe Toscano’s reeds in die Ventersburg/Senekal-omgewing getoets en die boere wat met hulle gewerk het is ingenome met die werktuig. Ons hoop om binnekort meer van hierdie rooi gevaartoerusting stof te sien maak op boere se lande,” sê Davel.
McHale se staatmakerrondebalers
Jupidex is ook welbekend vir hulle staatmaker McHale-rondebalers. McHale-balers is reeds bekend as die beste wat geld kan koop, want hulle haal al die kopsere uit baalmaak.
Nuwe McHale Fusion 4+
- Die reeks McHale-balers wat boere vanjaar by Jupidex se NAMPOstandplaas kon bewonder … en koop.
- Minder as ՚n maand gelede het die eerste Izelmak SuperMix-voermenger ook sy verskyning gemaak. Hulle is beskikbaar in 12 en 8 kubieke meter.
“Die McHale Fusion 4+ is ons nuutste toevoeging tot die reeks,” sê Davel. “Hierdie baler beskik oor die nuwe Profi-Flo tegnologie, wat ontwerp is om gewasinname te verhoog en ՚n meer doeltreffende materiaalvloei te verseker. Die Fusion 4+ is ook ISOBUS-gereed en toegerus met ՚n skaal wat elke baal vir jou weeg.”
Die Fusion 4+ is ook ՚n baaltoedraaier. As die baalkamer klaar sy werk gedoen het, word die baal na die toedraaitafel verplaas om toegedraai te word. Sodra die toedraai-aksie begin, begin die baler om die volgende baal te vorm. As die baler stop om die net op te sit, word die toegedraaide baal netjies op sy kop op die grond neergesit. Al hierdie aksies word vanuit die kajuit beheer.
Die Jupidex-groep is toegewyd daartoe om die jongste landbou- en veral ook presisietegnologie aan boere bekend te stel. Besoek hulle webwerf by https://www.jupidex.co.za/ of skakel (+27)33-386-3574 vir meer inligting.

Die Jupidex-span by vanjaar se 55ste NAMPO oesdag. Philip Janse van Rensburg, Izél Grobbelaar, ZW Nichols, Jacques Le Roux, Davel Kirstein, JC Blignaut, Juandré Maré, Christopher Laubscher, Divan van Rooyen, Wessel Pretorius en Arthur Bezuidenhout.