John Deere: Die groen bly groei

JD
Agteroorsit en ledigheid is iets wat nie by John Deere bestaan nie. John Deere se wakker mense is voortdurend besig om strategieë te identifiseer en toe te pas om te verseker dat John Deere-klante die professionele voorsprong kry wat hulle in die wenposisie plaas.
Vandag, in 2022, is daar niemand wat nie van die wêreldberoemde John Deere-landbouwerktuigvervaardiger weet nie … en ook niemand wat nie met respek van die groen staatmakermasjiene praat nie.
Pieter Pienaar, taktiese bemarkingsbeplanner by John Deere, sê:
“Tegnologie is die sleutel wat landbou vorentoe kan laat beweeg om opbrengste te verhoog en kostes te verlaag, maar ons kan dit slegs doen as tegnologie, mense, toerusting, data en insigte verbind word om beter resultate te lewer. Hierdie verbindings bied soveel geleentheid om te ontgin vir volhoubare boerdery praktyke.”
Voeg waarde by jou vee- en boordboerdery met kleiner trekkers
Elke boer, hetsy vee-, wingerd- of graanboer, se behoeftes verskil en dit is vir John Deere van die uiterse belang om elke boer, in elke afdeling van die waardeketting, se behoeftes te verstaan en ook daarin te voorsien.
“Oor die afgelope jaar het ons baie betrokke geraak by produksiestelsels en onlangs ook SAMAC en Veeskool se boeredae bygewoon. Hierdie boeredae is spesifiek daarop gefokus om kundige inligting met makadamia- en veeboere te deel,” meen Pieter.
John Deere se betrokkenheid by Veeskool
Pieter vertel meer: “By Veeskool het ons John Deere se rol in die veeboerdery bespreek, wat werklik vir ons belangrik is om nader aan die boer te beweeg.
Beesboere veral by Veeskool het met lof van John Deere se 6B gepraat oor sy aanpasbaarheid, bekostigbaarheid en produktiwiteit.
“As ek terugdink aan wat boere by Veeskool gesê het, spesifiek oor ons 6B reeks wat so geskik is vir die veebedryf omdat veeboere nie noodwendig gebruik maak van al die tegnologie van die trekker nie, maar steeds die betroubaarheid van die rubuuste werkesel verlang, wat jare lank hou en die take op die veeplaas lag-lag afhandel, dan is dit duidelik dat John Deere aan die boer se behoeftes voldoen, wat ook weer aansluit by waarde vir geld,” voeg Pieter by.
Pieter brei uit oor die voordele van John Deere-enjins: “Nog ՚n groot voordeel van John Deere is dat ons self die enjins van ons trekkers vervaardig. Die verlengde lewensduur is danksy vooruitstrewende meganiese tegnologie wat slegs op John Deere PowerTech enjins beskikbaar is.
Daarmee saam bied John Deere langer diensintervalle. In plaas van versienings wat elke 250 uur vereis word, word John Deere-trekkers elke 500 uur versien. Dit beteken tyd- en kostebesparing vir die boer!”

John Deere se betrokkenheid by SAMAC
John Deere bied ook ՚n reeks trekkers wat spesifiek ontwerp en gebou is om die struikelblokke die hoof te bied wat ’n boord, wingerd en kwekery aan boere stel. Soos John Deere na aan die boere beweeg slaan hulle reeds koers in vir toekomstige oplossings.
“Deere & Co het onlangs belê in GUSS Automation, ‘n maatskapy wat gefokus is om presiesie-oplossings na die boer te bring. Dit sal die boer die geleentheid bied om akkurate toedienings te doen presies net waar dit nodig is,” sê Pieter.
Boere kan gerus wees dat daar genoeg krag beskikbaar is vir selfs die moeilikste take. Pieter sê: “Die woorde van ՚n boer by SAMAC se boeredag wat altyd by my sal bly, is dat ՚n boer ՚n John Deere koop wat saam met hom op sy plaas aftree.
“SAMAC was ՚n wonderlike geleentheid vir ons om deel te kan wees van so ՚n professionele organisasie, nie net om as ՚n borg te dien nie, maar om die nodige kennis met makadamia-boere te deel, om vooruit te kan boer en ingeligte besluite te kan neem,” vertel Pieter.
“John Deere is hier vir die lang duur, en daarom wil ons seker maak dat die boer ook hier is om vir die lang duur, geslag tot geslag, volhoubaar te wees,” sluit Pieter af.
John Deere Financial het ook pasmaak oplossings om jou unieke vereistes, hetsy groot of klein, doeltreffend te ondersteun wanneer jy die beste finansieringsoplossing vir jou boerdery oorweeg.
Vanaf middel November sal John Deere ՚n promosie aanbied vir Swart Vrydag. Hou hulle webblaaie en sosiale media dop om toerusting teen sakpaspryse te bekom.
Benewens kostedoeltreffendheid wil ՚n boer ՚n trekker koop wat met gemak die nodige take op die plaas kan verrig. Ook hier bied John Deere aanloklike opsies.
Gaan gesels vandag nog met jou naaste handelaar om meer uit te vind oor vanjaar se Swart-Vrydagpromosies en wat hulle het om te bied vir jou spesifieke behoeftes.
Besoek John Deere se webwerf vir meer inligting https://www.deere.africa/en/index.html