Categories: NewsPublished On: 15th October 2014

Jagbedryf moet bontstaan teen nuutste uitspraak

By 1 min read
220 words

Omstrede uitlatings deur diereregte-aktiviste teen die jagbedryf is aan die orde van die dag, maar wanneer ’n baie bekende filmmaker, fotograaf en diereregte-aktivis buitensporige uitsprake maak kan dit verreikende gevolge hê.

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (PHASA) het onlangs “in die sterkste moontlike terme” ‘n verklaring deur die diereregte-aktivis, Dereck Joubert, dat jag met die Holocaust en Apartheid vergelyk kan word, verdoem.

In ‘n onderhoud met National Geographic oor Oeganda se oënskynlike besluit om weer ‘n verbod op jag in daardie land in te stel, het mnr Joubert gesê: “Ek glo dat jag eendag geklassifiseer sal word tot die kategorie van vreeslike dinge wat ons as mensdom gedoen het, saam met Apartheid en die Holocaust.”

Hermann Meyeridricks, PHASA se president sê dat jag se positiewe invloed op wildbewaring wêreldwyd erken word deur vooraanstaande bewaringorganisasies, insluitend die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN), die World Wildlife Fund (WWF) en die Konvensie vir Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) . Hierdie organisasies beskou jag as ‘n belangrike bydraer tot  wildbewaring en bied aan arm, landelike gemeenskappe ‘n waardevolle bron van inkomste, sosiale dienste, infrastruktuur en voedselsekuriteit.

“Die vergelyking is dus belaglik en ons staan verstom oor hoe laag hierdie aktiviste sal daal om hulle standpunt op die res van die wêreld af te druk,” het hy gesê.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0