Irrigation Unlimited: Ocmis is die leier met wateraangedrewe besproeiing

ocmis 1
Sinvolle watergebruik was nog nooit so belangrik soos nou nie. Die droogte wat die afgelope paar jaar landwyd sy merk gelaat het, het baie boere opnuut laat besef hoe belangrik dit is om water doeltreff end te gebruik.
Irrigation Unlimited se Ocmis-kruipspuite gee boere al die voordele van jare se tegnologiese ontwikkeling in wateraangedrewe besproeiing vanuit Italië, met stelsels wat nommerpas aangepas is vir Suid-Afrikaanse omstandighede.
Die enigste elektrisiteit wat benodig word, is om die pomp by die waterbron aan te dryf. Net een persoon is nodig om die masjien op te stel en te verskuif.

So het dit begin
Pypkatroltegnologie het teen die einde van die 1960’s in Frankryk ontstaan. Die beginsel is dat waterdruk gebruik word om ՚n ratkas aan te dryf wat ՚n spuitkarretjie inkatrol deur die waterpyp om ՚n groot katrol op te rol. Ocmis het in die 1990’s in Italië met die vervaardiging van die pypkatrolbesproeiers begin en is tans ՚n wêreldleier op die gebied van selfl oopspuite. Ocmis is en een van slegs elf selfl oopspuitvervaardigers in Italië.
Irrigation Unlimited voer die besproeiers na Suid-Afrika in. Dié maatskappy het ՚n uitgebreide onderdelemagasyn en sien volledig om na die installering en onderhoud van hulle Ocmis-toerusting.

So werk dit
՚n Sleepwa met ՚n pypkatrol word aan die een kant of in die middel van die land by ՚n watertoevoerpunt staangemaak. Die punt van die pyp is aan ՚n karretjie met ՚n kanonspuit of balkspuit gekoppel. Hierdie karretjie word na die oorkant van die land gesleep, die water word oopgedraai en dit dryf ՚n ratkas in die katrol aan, wat die pyp oprol. Soos die pyp oprol, sleep hy die karretjie nader, wat natuurlik al die pad water spuit. Die spoed waarteen die spuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te dien.
՚n Boer kry ՚n duidelike kleurkaart saam met sy masjien wat hy kan gebruik om dit presies te kalibreer ten opsigte van watervloei en -druk, en hy het ook ՚n wye keuse van spuitstukke vir druppelgrootte. In Suid-Afrika is daar vier modelle beskikbaar met pyplengtes van 130 tot 300 meter, wat geskik is om areas van drie tot dertig hektaar per week te besproei (sien tabel bo).

Kontak Tobie van den Heever by 082-658-6054 of 012-736-2121 of stuur ’n e-pos na tobie@iunlimited.co.za of besoek www.iunlimited.co.za.