Hooi is mooi as Claas dit maak
Oor een lewensbelangrike saak is daar roerende eenstemmigheid in die dierewêreld. Dit is dat hooi wat met Claas-toerusting uit die Barloworld Equipment Agriculture-stal gemaak is die beste, lekkerste, heilsaamste gehalte is.
Maar ook vir die boer laat Claasgemaakte hooi ’n lekker smaak in die mond, want as hy Claas-toerusting gebruik, bereik sy hooimaakproses die toppunt van doeltreffendheid wat hom in staat stel om nie net sy brood en botter eerlik te verdien nie, maar ook ’n konfytjie te geniet in die vorm van verhoogde wins wat net goed gevoerde diere die boer kan besorg.
Vanjaar se strawwe winter het boere weer gewys hoe noodsaaklik dit is om ’n goeie voorraad goeie voer te hê. En om daardie voer te maak, is Claas baas.
Claas bied alles wat jy vir hooimaak nodig het: Snyers, snyer-kneusers, hooilugters, kragharke, verskillende soorte balers en selfs toedraaimasjiene.
En agter dit alles staan Barloworld Equipment Agriculture se rotsvaste rugsteundiens wat verseker dat die boer voltyds en deeglik boer sonder om te sukkel met halsstarrige toerusting en masjinerie.
Sny skoon vir opbrengs en gehalte
Suksesvolle hooimaak begin by ’n skoon, suiwer snit. ’n Snyer wat gewasse afknaag mors tyd, brandstof en voermateriaal. Claas bied die voerboer ’n wye keuse van Disco skyfsnyers om elke omstandigheid en behoefte perfek te pas.
Die Disco 3450, 3050 en 2650 is uitgeknip vir doeltreffende snywerk met agtermontering. Hulle sny wyd – van 2,6 tot 8 meter – sodat jy ’n land met net ’n paar keer se op- en afry klaarmaak, en hulle vermoë om enige plek by te kom is verstommend.
As daar ’n C op so ’n snyer staan, kneus en pluis hy boonop die gewas met vingers om te verseker dat die materiaal vinniger droog word sodat jy gouer met die baalmasjien kan naderstaan.
Die Disco 2650 het ’n rollerkneuser vir gebruik met lusern of ander blaarryke gewasse.
Die sleepweergawe vir blaarryke gewasse is die Disco 3050 TRC.
En as jy van plan is om vanjaar die hele land vol voer te plant, is een van die reuse Disco 8550-modelle jou keuse. Die Disco 8550 C sny ’n volle 8,3 meter wyd!
Wat al hierdie skyfsnyers in gemeen het is:
- ‘n Ultraskoon snit, wat hergroei bevorder.
- Hulle almal werk gladweg sonder ’n geruk en ’n geskud, en dra jou trekker se enjinkrag met die minimum verlies oor na daar waar dit saak maak.
- Hulle het groot wiele wat stadig draai en nie jou land en gewas vertrap nie.
- Safetylink beskerm die skyfsnyer as jy dalk probeer om klippe of boomstompe daarmee te sny.
- Die Disco se ovaalvorm- ige snyskywe bied die maksimum snygehalte en gewasvloei om jou hele snyproses gladweg doeltreffend te maak.
- Die snyer hou sy eie snystawe skoon om onnodige slytasie te voorkom.
- Jy ruil enige Disco-snyer se snylemme so gou as jy kan sê “mes”.
- Dis maklik om die snyer volgens jou behoefte te verstel en te gebruik.
Claas se kragharke laat elke halm tel
Vandag se boer het nie tyd en geld om te vermors met ’n onnodige heen en weer ryery op ’n land nie. Daarom hark hy sy gesnyde voergewasse in netjiese rye met ’n Claas Liner-kraghark wat in modelle van 3,5 tot 12,5 meter beskikbaar is.
Elke Claas-kraghark se strewe is eenvormige, netjiese windrye en intelligente beheer van die harktande sorg dat hierdie ideaal ry vir perfekte ry bereik word, ongeag die aard van die oppervlak.
En Claas se noukeurige ontwerp, voorste ingenieursvernuf en stewige materiaal sorg dat jou Claas-kraghark jaar na jaar na jaar net die beste diens lewer.
Die Liner 350S is ’n enkelrotor-kraghark vir werk op kleiner lande. Hy werk 3,5 meter wyd.
Die Liner 680 is vir groot lande bedoel. Met sy uitmuntende kontoervolgvermoë en volkome beheer raap hy alle materiaal doeltreffend op en pak dit een netjiese, stewige windry om te verseker dat die baler agterna teen maksimum doeltreffenheid gevoer word.
Die Liner 1550 Profil gee jou die keuse of jy materiaal in een groot windry wil pak of in twee kleineres, afhangende van die opbrengs en die grootte van die baler wat jy beplan om te gebruik.
Die volgende eienskappe sorg dat Claas se kragharke die kieskeurige boer se eerste keuse bly: