Hoëveld Bonsmara klubveiling

HBK Boeredag Voorblad
Hoëveld Bonsmara se klubveiling is 28 Oktober 2022 om 11:00 by Sernick Veilingskompleks.

Meer oor die telers:
Coetzee’s Bonsmaras boerdery

Coetzee’s Bonsmaras bestaan sedert 2019 waar ons aangesluit het by die Bonsmara genootskap met slegs sewe dragtige stoet koeie (Golden Oldies) wat ons by Arcadia Bonsmaras (Arthur De Villiers) gekoop het.
In 2020 het ons nog dragtige SP diere aangekoop.
Ons plaas se naam is Roodepoortje, wat geleë is tussen Ventersdorp en Lichtenburg in die Noord-Wes distrik.
Ons leuse is “Die hoewe van die toekoms”. Ons is passievol oor die toekoms en dankbaar om elke dag met sulke wonderlike diere te kan werk wat die Hemelse Vader vir ons gegee het.
Omdat ons nog so jonk in die beesboerdery is, is ons op ‘n goeie gesinchroniseerde K.I. program, waarvan ons top genetika gebruik van ander bulle, en opvolg met ons eie bulle. Ons glo met ons K.I. program, gaan ons baie vining met top genetika in ons kudde sit.
Ons streef daarna om verse te produseer wat sterk op die hoef staan, ‘n medium raam te teël, goeie melk te produseer en ook belangrik – sy moet vroulik lyk en voorkom.
Coetzee’s Bonsmaras stuur die afgelope twee jaar bulle na Sernick toetssentrum vir die fase C-toetse op ons diere.
Ons het begin om ons bulle wat op ‘n fase B-toets is, vanaf die plaas te bemark tussen 2 – 2,5 jaar ouderdom, nadat hulle gekeur is deur die genootskap en met die ‘B’-brandmerk gemerk word. Daarom het ons hoë-kwaliteit bulle wat goeie vrugbaarheid het en nie oorvet is wanneer hulle die plaas verlaat nie.
Ons het juis die Bonsmara ras gekies omdat hulle so maklik aanpasbaar is in enige gebied in ons land.
As ‘n jong teler glo ek dat ons almal mentors moet hê wat vir ons goeie leiding kan gee, en in my geval was dit Arthur de Villiers wat altyd bereid is om te help met al ons vrae, tydig en ontydig.
As ‘n jong Bonsmara boer glo ek dat ons mekaar moet ondersteun in wat ons doen om hierdie ras van ons nog vêr te laat groei, nie net in SA nie, maar ook reg oor die wêreld. As teler wil ek elke dag nog meer leer van die wonderlike ras waarmee ons boer.
Kontaknommers : WM Coetzee 079-718-9580 of Thys Coetzee 082-779-4877, coetzeewm@gmail.com Facebook blad : Coetzee’s Bonsmaras – https://www.facebook.com/profile.php?id=100066522830277