Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 3rd June 2025

Het jy al gedink wat kwantumfisika vir jou kan doen?

By 4 min read
837 words

agri f 5

Stel jou voor jy maak gebruik van die mees moderne tegnologie in jou boerdery, spesiaal geformuleer vir die landbou met geen nadele vir die omgewing nie; dit is stewig in wetenskap gesetel en word al sedert 2017 met groot sukses wêreldwyd toegepas.

Kwantumtegnologie maak dit maklik en goedkoop vir boere en het talle landboutoepassings. Die koste word bereken op die grootte van die gebied en amper alle boerderyfasette kan daaruit voordeel trek.

Die insekbeheerprogram bespaar sommige boere tot soveel as 90% op insekdoders, terwyl die verbeterde plantegroei nog meer wins inbring. Die tegnologie stimuleer die mikro-organismes wat die plante voed om optimale produksie te verkry.

Kwantumfrekwensies stimuleer ook die diere in die omgewing wat vir jou beter voeromset gee, en en dit weer inwendige parasiete af.

Vir skaapboere is hierdie die ideale tegnologie om jakkalse te beheer, terwyl dit ape, bobbejane en voëls ook weghou.

Die frekwensies verbeter die vorming van chlorofil en suikers in jou plant wat tot ‘n beter waterhouvermoë kan lei. Die sterker plante is dan ook meer beskermd teen koue- en rypskade, selfs so laag as minus vier grade.

Weiding word gestimuleer om beter te groei en meer voedingstowwe te bevat.

Hoe werk dit?

Op die kwantumvlak bestaan alles in die heelal net uit frekwensies en kwantumfrekwensies is die kleinste vorm van frekwensies, maar dit beheer die fisiese wêreld. In die kwantumvlak het elke organisme sy eie, unieke frekwensie.

Hierdie frekwensies kan dus spesifieke organismes teiken sonder om die ander organismes te beïnvloed.

Die kwantumfrekwensies vorm ‘n kwantumveld op die plaas waar ongewenste organismes verdryf word of afsterf as hulle nie padgee nie. Die diere en insekte besluit self om die gebiede te vermy omdat hulle nie gesond voel daar nie.

Terselfdertyd kan gewenste organismes gestimuleer word om produksie te verbeter en mikro-organismes se verhoogde energie kan duidelik onder die mikroskoop gesien word.

Die verskil tussen stimulasie en wegjaag kom in by die frekwensietoepassing. Frekwensies wat in-fase met die organismes s’n gestuur word versterk die organisme terwyl die wat uit-fase gestuur word die organismes afweer en laat afsterf.

Spesiale kwantumsenders stuur die frekwensies voltyds uit en die frekwensies kan op die plaas gemeet word sodra dit versend word.

Agri Frequencies se laboratorium is in Benoni geleë en vandaar word die frekwensies uitgestuur na die spesifieke gebiede waar dit benodig word. Al wat die boer hoef te doen, is om foto’s van die gebied te stuur, asook van die organismes wat beheer moet word. Geen kapitaaltoerusting of -uitleg word benodig nie en die boer betaal slegs vir die diens wat Agri Frequencies bied. Ja, dit is so maklik.

Die insekbeheerprogram kan enige soort insekte en plantsiektes teiken. Al wat die boer hoef te doen, is om telkens wanneer hy insekte gewaar foto’s te stuur. Dit beteken dat net nadelige insekte beheer word, maar bye en ander nuttige insekte vrylik kan beweeg en hulle werk ongedeerd voortsit.

Vlieë, muskiete, termiete en ander peste kan ook beheer word, selfs in melkerye en voerkrale.

Die stimulasie van plante werk op die organismes en ensieme binne-in die plant en kan organismes help om vasgelegde voedingstowwe uit die grond te onttrek. Die groot hoeveelheid navorsing wat reeds gedoen is, dui daarop dat plante opneem wat hulle benodig sonder om onderdrukking van ander elemente te ervaar. Plantsapontledings wys dat chlorofil en suikers wat die groei-aanduiers vir plante is, heelwat verbeter wanneer frekwensies eerder as kunsmis gebruik word.

Beter wortelontwikkeling help ook die plante tydens droogtetoestande. Daar word meer elemente vrygestel. Daar kan tot ‘n 100% verbetering in kalsiumopname aangetref word.

Plante is oor die algemeen meer bestand en toon minder stremming teen insekte, plantsiektes, koue en hitte wanneer frekwensies gebruik word. Selfs met oormatige reën kan plante steeds suurstof kry om te bly produseer.

Met dierestimulasie vind ons beter voeromset, produksie en gesondheid, parasietbeheer op sowel bosluise as interne parasiete, dus is daar beter diereprestasie. Wanneer die frekwensies gekombineer word met waterstrukturering is die resultate selfs nog beter.

Dink net hoe maklik is dit vir die boere om nou ongewenste diere weg te jaag. Hulle stuur net foto’s om jakkalse, ape, bobbejane, varke, voëls en ander peste weg te jaag.

Die gebruik van frekwensies kan ook jou water lekkerder laat smaak. Met die gebruik van frekwensies sak soute uit en dit kan diereprestasie verbeter en die vriespunt van jou water verlaag om jou oeste te beskerm en gesondheid te verbeter.

Gestruktureerde water laat selfs brakwater beter smaak en mineralaanpaksels in jou ketel en warmwatertoesel verdwyn vinnig.

Talle boere gebruik nou al sedert 2017 Agri Frequencies se frekwensies met baie goeie resultate en is hoogs tevrede.

Soos met baie nuwe tegnologie is daar baie weerstand van persone wat ‘n geldelike belang het by die huidige chemies gebaseerde stelsel, dus bevorder hulle nie frekwensies nie.

Vir klein gebruikers en wooneenhede is daar spesiale instrumente wat die insekte soos vlieë, muskiete, termiete, rotte, duiwe, vlermuise en ander peste beheer.

Vir meer inligting, skakel Jan du Plessis by 082-429-4055 of stuur ‘n e-pos aan info@agrifrequencies.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0