Categories: NewsPublished On: 6th June 2016

GWK se John Deere-agentskap die beste in Suid-Afrika

By 1 min read
165 words

gwk logo

GWK is aangewys as John Deere se Suid-Afrikaanse Handelaar van die Jaar.

“Dit maak dit vir ons by GWK weer duidelik sigbaar hoe waardevol die volgehoue en lojale ondersteuning deur produsente in ons primêre bedieningsgebied vir GWK is. Ons deel hierdie erkenning met ons produsente wie se ondersteuning dit vir GWK moontlik maak om te presteer, en ons wil van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê daarvoor,” sê Pieter Spies, besturende direkteur van GWK.

John Deere se aankondiging van die beste agentskap is op verskeie faktore gegrond naamlik die groei in markaandeel, verkoopsyfers, gehalte van bestuur en kliëntediens.

“Verder wil ek graag ons toegewyde span by GWK Meganisasie bedank vir die harde werk wat ons maatskappy tot nuwe hoogtes neem. Elke personeellid se harde werk word raakgesien en waardeer,” voeg Pieter by.

Die erkenning deur John Deere is vir GWK ‘n aansporing om nog harder en slimmer te werk om deurlopend die beste diens aan hulle produsente te verseker.

Bron: GWK

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0