Categories: NewsPublished On: 10th February 2016

GWK dra by tot droogtehulp

By 1 min read
128 words

baal 2

Die landboumaatskappy, GWK, is afhanklik van sy produsente en kan slegs ‘n suksesvolle maatskappy wees indien sy boere presteer. GWK het sy vennote en ander belangstellendes uitgenooi om deel te neem aan hulle “Borg-‘n-baal”-veldtog. Die geld wat ingesamel word met die koop van die bale gaan vir droogtehulp aan boere.

Jy kan soveel bale borg as wat jy wil of wat jy kan bekostig. Die geld in die Droogtefonds sal aangewend word vir enige vorm van droogtehulp, byvoorbeeld veevoer, die vervoer daarvan en ander ondersteuning.

Die koste van die bale is: Een baal is R100,  vyf bale is R500 en 10 bale ‘n R1000.

Rekeningbesonderhede: Rekeningnaam: GWK Droogtehulp Rekeningnommer: 143767658, Bank:   Standard Bank, Takkode: 050002

Vir meer inligting, skakel gerus 0861 495 111 of stuur ‘n e-pos na diens@gwk.co.za.

bale lusern

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0