Categories: NuusPublished On: 17th March 2025

Grietjie van 445 kg kraai koning by Goliat-van-Gat-pampoenfees

By 1 min read
226 words

goliat 2

Die Goliat van Gat Pampoenfees, aangebied deur die Cullinan Boere-unie geaffilieer by TLU SA, het op Saterdag, 15 Maart 2025, weer indrukwekkende bieliepampoene opgelewer. Die wenner vanjaar was Cornelis Bester met sy pampoen, Grietjie, wat ’n gewig van 445 kg gehad het.

In die tweede plek het Lee-Ann van Zyl geëindig met haar pampoen van 360 kg, terwyl Jacky Smal en haar pampoen van 185 kg die derde plek behaal het.

Dit was ’n gesellige dag vol lekker eetgoed, iets te drinke en hope pret vir almal wat die groot pampoene kom bewonder het. Die pampoengeregkompetisie was ook ’n sukses, met Ritha Combrink wat as wenner uit die stryd getree het met haar heerlike pampoensopgereg. Die eerste vyf wenners van die pampoengeregkompetisie het elk ’n kookklasprys gewen by Steyns Culinary School in Hatfield, Pretoria.

Die pampoendra-kompetisie het gesorg vir ’n paar swaar oomblikke toe deelnemers hulle bes gedoen het om die groot pampoene rond te dra, en die pitspoegkompetisie het die spoeg laat spat!

Die dag is afgesluit met die oorhandiging van pryse aan die wenners.

“Ons wil graag dankie sê aan ons borge; Uitkyk Vleismark, Afgri, Protek, Capital Scales en Obaro wat dit moontlik maak om die Pampoenfees aan te bied,” sê Henri Combrink, organiseerder van die Pampoenfees.”Die Goliat van Gat Pampoenfees het weereens gewys waarom dit so ’n gewilde gebeurtenis op die kalender is!”

Bron: TLU SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0