Categories: NewsPublished On: 1st August 2017

Goliat van Gat pampoenfees is alweer om die draai en nog groter in 2018

By 1 min read
129 words
pumpkin

goliat van gat 2017 2

TLU SA is opgewonde om na die 2017 SA rekord Goliat van Gat-pampoen van 556 kg voort te bou en nog beter te doen in 2018 se wedstryd.

Goeie betrokkenheid van die borge het verseker dat die wedstryd volgende jaar die grootste prysgeld nog kan aanbied vir die deelnemers. R12 000 vir die grootste pampoen, R15 000 vir SA se rekord en R100 000 vir ‘n wêreldrekord.

‘n Spesiale geleentheid word vir deelnemers aangebied om van die SA rekordpampoenpitte te kry en ‘n inligtingsdag by te woon waar Hugo le Roux ‘n aanbieding gaan doen hoe om groot pampoene suksesvol te kweek.

Die koste beloop R150 per persoon en sluit in pitte, instruksies en inskrywing vir die 2018 kompetisie. Dit vind op Saterdag 19 Augustus 2017  van 13:00 tot 14:30 plaas by Pretoria se Ou Motorklub in Silverton.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0