Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 8th June 2022

Goeie nuus vir boere: ETG vergroot hulle voetspoor in Oos-, Wes- en Suid-Afrika

By 2 min read

DSC_0003

Die ETG-span by hulle uitstalling tydens NAMPO 2022.

Die gewilde verskaffer van landboutoerusting, landboulogistiek en landbou-insette in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Botswana, Swaziland, Kenia, Tanzanië, Lesotho en Mosambiek, ETG Logistics, doen reeds die afgelope 50 jaar sake in Afrika en werk tans in 42 lande regoor die wêreld. ETG Logistics vorm deel van die groter ETG-groep.

Die maatskappy se visie is om die voorste verskaffer van Afrika-landbouprodukte aan die wêreld te word. Voorts streef ETG daarna om deur die globale bemarking van sy plaaslik-vervaardigde kommoditeite, ՚n sleutelrol in die groei van die vasteland te vervul. Met die oog hierop, fasiliteer ETG nie net die afset van landboukommoditeite nie, maar verskaf ook insetkommoditeite aan die boere.

“Ons wye reeks trekkers en toerusting bied ons die geleentheid om dit dieper in die Suid-Afrikaanse plaastoerustingmark te waag en ՚n wye verskeidenheid landboukliënte te bedien,”

sê Rajeev Sanexa, uitvoerende hoof van ETGL.

“Ons meganisasie-opsies vir kleiner boerderye maak ons ՚n baie toepaslike keuse. Ons fokus op die kleinboermark en buiten gewone werktuie wat agter ՚n trekker gehaak kan word verskaf ons ook enjinaangedrewe werktuie wat deur ՚n operateur gestoot en beheer word.”

ETG bied ՚n wye verskeidenheid toerusting, van klein tot groot.

“Ons as ՚n groep sal toegewyd bly om steeds topgehalte boerderyoplossings vir opkomende en kommersiële boere te bied, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die res van Afrika. Ons oogmerk is om toepaslike produkte te kies wat die beste by hierdie mark pas. Ons wil die beste moontlike oplossings vir boere bied,”

voeg Pavankumar Nair, sakehoof van ETGL by.

“Ons groei soos die boere groei. Ons doen alles in ons vermoë om boere te help groei, wat op die ou einde ons maatskappy ook help groei.”

Om meer uit te vind oor ETG se klein, kragtige en kompakte werktuie asook die wye verskeidenheid van produkte wat hulle bied, besoek hulle webblad by www.etgldistribution.com. Kontak hulle by (+27)-65-138-4567 of stuur ՚n e-pos na info@etgldistribution.com.

Kyk die volledige video ProagriMedia:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0