Gallagher maak drukbeweiding vinnig en maklik

Article image3
Drukbeweiding is ‘n doeltreffende en vernuwende manier vir boere om die gesondheid van hulle diere en hulle weiding te beheer. Met Gallagher Animal Management se drukbeweidingspakette kan enige boer nou drukbeweiding in ‘n japtrap op sy plaas toepas.
Drukbeweiding vind plaas wanneer die diere wei op ‘n strook weiding wat deur twee tydelike heinings afgebaken word. Hierdie bakens kan dan deur die dag geskuif word sodat die diere op ‘n ander strook gaan wei.
Drukbeweiding hou baie voordele in, byvoorbeeld:
– Diere wei elke dag op ‘n nuwe weidingstrook, daarom is daar ‘n kleiner kans dat siektes kan uitbreek. So kan drukbeweiding na gesonder diere lei.
– Omdat diere net vir ‘n kort tydjie op elke strook wei, groei die gras vinniger terug. Die verkorte weidingstyd beteken daar is minder beweging op die weiveld, dus minder gras wat plat getrap word en die grond word nie te erg vasgetrap nie.
– Wanneer diere ‘n groot weiveld tot hulle beskikking het, sal hulle kies wat en waar hulle vreet sodat hulle die smaakliker, voedsamer gras heeltemal kan uitroei sodat die gras wat minder werd is kan voortwoeker. Dit kan die waarde van die weiding drasties verminder. Met drukbeweiding het hulle nie ‘n keuse nie – hulle moet alles eet.
– Omdat die diere elke dag ‘n nuwe weidingstrook kry, vreet hulle elke dag genoegsame en gesonde gras. Die boonste gedeelte van die gras het meer proteïenryke blare terwyl die stam eintlik meer suiker bevat. So, wanneer diere aanhoudend op dieselfde weiveld wei, kry hulle eintlik meer suiker as proteïne in.
– Doeltreffende weidingsbestuur is noodsaaklik vir produktiewe grond en ‘n winsgewende plaas. Deur drukbeweiding toe te pas kan ‘n boer verseker dat sy diere heel jaar weiding het en dat sy grond gesond bly.
Voordat jy drukbeweiding op jou plaas toepas, is daar beplanning wat gedoen moet word. Hou in gedagte:
– Die toestand van jou weiveld, dit sluit grondgesondheid, planttipes en bestaande weiding in. Dit sal jou help besluit hoe om jou weiveld op te deel.
– Die beskikbaarheid van water. Is daar ‘n betroubare waterbron op elke strook of gaan jy ‘n verskuifbare waterbron, soos waterbakke, moet kry.
– Jy moet beplan hoe gereeld jy jou diere wil skuif en hoe lank jy ‘n weiveld wil laat rus voor daar weer diere wei. Beplan ook hoeveel diere jy op een strook wil laat wei.
– Die tipe heining waarvan jy gebruik gaan maak. Dit is waar Gallagher Animal Management en hulle elektriese omheiningsoplossings inkom.
Gallagher Animal Management maak dit maklik en moeiteloos om drukbeweiding toe te pas. Met hulle wye reeks verskuifbare drukbeweidingsomheiningspakette asook permanente omheinings, voorsien hulle alles wat jy nodig het.
Hulle drukbeweidingspakette sluit onder meer die volgende in:
– ‘n Geskikte Energizer
– ‘n Toetstoestel om jou elektriese heining te toets
– ‘n Katrol om die heiningdraad op- en af te rol
– ‘n Geleier om die elektrisiteit te gelei
– Heiningspale
– Draad
Gallagher Animal Management het drukbeweidingstelsels vir skape, beeste en perde.
Elektriese heinings maak die bestuur van jou weiding maklik en vinnig. Deur permanente en verskuifbare elektriese heinings te kombineer kan jy die beste beheer oor jou diere uitoefen.
‘n Permanente elektriese omheining om jou lande kan jou diere veilig binne hou terwyl ‘n verskuifbare elektriese heining binne dit maklik maak om die weidingstroke af te baken en gereeld te verskuif.
Wanneer ‘n vaste weidingspatroon vasgestel word, kan ‘n boer dan die verskuifbare omheining vervang met ‘n permanente elektriese omheining. ‘n Permanente omheining verg minder arbeid. Hierdie heinings is ook meer bekostigbaar teenoor tradisionele nie-geëlektrifiseerde heinings en hou langer. Permanente heinings gebruik hoogs geleidende, korrosiebestande draad wat aan hout-, staal- en veselglaspale gespan kan word.
Die verskuifbare heinings kan dan weer gebruik om die bestaande weivelde verder op te deel.
Verskuifbare heinings is maklik om te vervoer, aanmekaar te sit en uitmekaar te haal. Gallagher Animal Management voorsien pale met meervoudige draad en kan op verskillende hoogtes opgestel kan word. Gallagher se geleierdraad is ideaal vir verskuifbare heinings en is lig, sigbaar en maklik om op te rol.
Vir jou drukbeweidingsoplossings, besoek vandag nog Gallagher se webtuiste by www.gallaghersa.co.za om die beste grond-, weiding- en dieregesondheid op jou plaas toe te pas.