Four Lakes en LactiproFLX hou jou diere gesond

cows-4763213_1280
Gesonde diere beteken wins en volhoubaarheid vir boere, daarom is dit noodsaaklik om te verseker dat jy jou diere reg voer en reg bestuur.
Four Lakes voorsien gehalte kalfversorging-, na-kalwing-, in-laktasie-, droëtydperk-, hitte-opsporing-, kunsmatige-inseminasie- en veeartsenykunde produkte aan boere om werklik gesondheid en produksie te bevorder. Hulle is verspreiders van internasionale topgehalte diereprodukte en het onlangs Lactipro vir grootpensontwikkeling by hulle produkreeks gevoeg.
Die Lactipro-reeks kan gebruik word vir kalwers, melkkoeie en uitskotkoeie en verbeter grootpensontwikkeling in die diere.
LactiproFLX vir kalwers
LactiproFLX bevat Mega e, wat melksuur metaboliseer om grootpensontwikkeling by kalwers te verbeter.
Voordele van LactiproFLX is:
- Verbeter gemiddelde daaglikse toename van kalwers met 17% (volgens studies en studies is beskikbaar)
- Verbeter voeromsetverhouding met 4%
- Kalwers is tussen 10kg en 12 kg swaarder.
- Kalwers speen sewe tot tien dae vroeër.
Omdat kalwers die toekoms van die kudde is, is dit noodsaaklik om te verseker dat hulle reg grootgemaak word en sodoende produktiwiteit behou as hulle ouer word. ‘n Kalf wat swaarkry terwyl hy jonk is, presteer nie later na wense nie. Lactipro verbeter die omskakeling van melksuur na vlugtige vetsure (butiraat en propionaat). Hierdie vetsure is verantwoordelik vir die ontwikkeling van grootpenspapille wat voedselbenutting vir die hele lewensduur van die bees bevorder.
Lactipro FLX Dairy
LactiproFLX Dairy bevat Mega e (Megasphaera elsdenii) wat ‘n natuurlike grootpensmikrobe is en ‘n gesonde bevolking van Mega e help diere om die grootpens se pH te reguleer vir ‘n gesonde grootpens.
Die gestabiliseerde en verbeterde pH kan volwasse melkkoeie se produksie met 250 tot 400 kg per laktasie verbeter, voeromset met 6% verbeter en melksuur 100% voorkom.
‘n Koei se energiestatus is ‘n dinamiese balans tussen kalorie-insette en -uitsette. Wanneer ‘n koei meer energie verbruik as wat sy uit die voer kan kry, word dit as ‘n toestand van negatiewe energiebalans beskou.
Die gevolge van ‘n negatiewe energiebalans:
- Voor kalwing, bakteriese besoedeling
- Subkliniese asidose
- Lekkende derm
- Bakteriese besoedeling tydens laktasie
- Vrotpootjie
Hierdie wanbalans kan opgelos word deur die koei so gou as moontlik na kalwing ‘n dieet met ‘n verhoogde energie-inname te voer. Die probleem is egter wanneer ‘n koei oorgaan na die laktasiedieet, verander die mikrobes in die grootpens van veselvertering na styselverterende mikroörganismes. Hierdie skielike toename in stysel kan die aanbod van stysel in die grootpens oorskry en lei na mikro-organismes soos Streptococcus bovis en ongewenste melksuur veroorsaak.
LactiproNXT vir uitskotkoeie
LactiproNXT bevat die unieke gepatenteerde stam van Megasphaera elsdenii NCIMB 41125, wat spesifiek gekies is vir die vinnige groei van grootpens. Die stam het ‘n vinnige verdubbelingstyd en is een van die gehardste Mega e-stamme.
Hierdie produk is dus ideaal om uitskotkoeie in die kortste moontlike tyd na ‘n hoë-konsentraat dieet oor te skakel.
Voordele van LactiproNXT:
- Gemiddelde daaglikse toename verbeter met 9,7%
- Voeromset verbeter met 6,2%
- Warmkarkaste is tot 8,6 kg swaarder
- Voertydperk is 35 dae
Die uitskot van koeie uit ‘n bees- of melkkudde kan kalfpersentasies verhoog en gesondheidsverwante probleme verlaag. Dit is voordelig om ‘n uitskotkoei vinnig op kragvoer te kry en vir ‘n kort tyd te voer sodat jy die beste markprys vir daardie koei kan kry. Lactipro help met die spysverteringsuitdagings wat daarmee gepaard gaan.
Om meer oor Lactipro www.axiota.com en Four Lakes se ander produkte te leer, besoek gerus hulle webtuiste by www.fourlakes.co.za