Categories: NewsPublished On: 1st June 2010

Floppy besproeiing is die regte besluit, sê boere

By 3 min read

Twee vet oeste per jaar – dis wat Robbie du Preez van Heidelberg, Kaap, onder Floppy-besproeiing losboer. In die somer plant hy mielies en in die winter hawer, wat alles vir kuilvoer vir sy melkkoeie gebruik word.

Hy kan nie presies sê wat die opbrengs per hektaar is en hoe dit met produksie onder sy spilpunt vergelyk nie, want hulle tel maar net die waens materiaal wat uitgery word, maar hy is baie tevrede met die hoeveelheid en die gehalte kuilvoer wat onder Floppy-sproeiers geproduseer word.

Die kuilvoerkontrakteur is ’n medeboer, Chris Louw, en hy is baie opgewonde oor die resultate wat onder Floppy behaal word. Hy gee toe dat grondverskille ’n rol kan speel, maar verklaar onomwonde dat die mielies wat onder die Floppy geproduseer is, baie mooier as dié onder spilpunte is.

“Onder Floppy is daar ook veel minder variasie,” sê Chris. “Die stand is regdeur dieselfde en dis ’n plesier om sulke welige, gesonde mielies te sny.”

Heidelberg se boere werk saam. Die grond met die Floppy-besproeiing-stelsel waarop Robbie sulke lekker kuilvoer produseer, behoort aan oom Pierre en Corné du Toit. Vir die gebruik daarvan kry hulle ’n deel van die kuilvoer wat daar geproduseer word.

Dit pas hulle goed, want met hulle volstruise, melkery, skaapboerdery en saaiboerdery het die Du Toit’s nie nog tyd om self dié stuk grond te bewerk nie.

Corné vertel dat hulle deeglik navorsing gedoen het voordat hulle op Floppy besluit het. Floppy laat hom nie deur ’n land se vorm beperk nie, daarom kan klein stukkies grond met eienaardige fatsoene volledig benat en benut word.

Floppy se sproeiers maak ook net die regte grootte druppels om hulle nie maklik deur die wind van stryk te laat bring nie en om so min as moontlik vog aan verdamping te verloor. Jy kan op die hitte van die dag met Floppy besproei en die minimum aan verdamping afstaan, sê Corné.

Nogtans kompakteer Floppy se druppels nie die grond wanneer saailinge moet deurbreek nie – en as dit sou gebeur, kan jy die kors sag hou deur elke dag effens te besproei totdat die plantjies opgekom het.

’n Baie groot voordeel van Floppy is dat dit, wanneer dit eers aangelê is, niks verder uit die boer se sak jaag as pompkoste nie.

Daar is geen aandryfmotors, ratkaste, mikroskakelaars, elektronika of ander kontrepsies wat jou in die steek kan laat en geld kos nie. Daar is ook geen kabels wat gesteel kan word nie. Floppy is dus die toonbeeld van voorbeeldige betroubaarheid, sy bedryfskoste is minimaal en daar is geen onderhoud nodig nie. Hy vereis ook geen arbeid meer as om ’n pomp aan te skakel en ’n kraan oop te draai nie.

Dit is darem belangrik om ’n goeie filtreerstelsel aan te bring, sê Corné, en dit beteken dat daar genoeg waterdruk moet wees.

Die Du Toit’s se eerste 12 hektaar Floppy-stelsel het so goed gewerk dat hulle nog 8 hektaar bygevoeg het en nog meer sal oprig na gelang van die beskikbare water uit die Duivenhoks-rivier. Met Floppy kom ’n mens immers verder met die beskikbare water.

Vir jare en jare se doeltreffende, onderhoud- en kostevrye besproeiing, praat met Christo Theron van Floppy by 013-752-4252 of besoek www.floppysprinkler.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment