Categories: NewsPublished On: 10th March 2017

Flink verpakker net die ding vir honger uitvoermark

By 2 min read
291 words
appel verpakker

appel verpakker 2

Spoed, akkuraatheid en kapasiteit raak al hoe belangriker vir die verpakkers van Suid-Afrikaanse sagtevrugte. Die druk van ‘n  groeiende uitvoermark stel op sy beurt ook hoër vereistes aan die ontwerpers van verpakkingsmasjinerie, wat al hoe meer gevorderde en vinniger stelsels by kliënte moet installeer.

Die appelbedryf was drie jaar gelede reeds R6,111 miljard werd, bykans dubbel dié van pere. Ondertussen moes die bedryf ook sy momentum verhoog om in die groeiende vraag uit Sjina en ander oosterse markte te voorsien.

GREEFA, die Nederlandse maatskappy wat ‘n belangrike sektor van die Suid-Afrikaanse appelbedryf deur MED Automation bedien, het pas ‘n stelsel ontwerp wat vrugte in platkissies verpak en in kartonne toegemaak kry – alles teen ‘n  duiselingwekkende een vrug per sekonde!

Die robot, genaamd SmartPackr, kombineer dié pas met GREEFA se vermoë om elke vrug op voorkoms te takseer en individueel vir kleur te skandeer.

“Maar ons ontneem die operateur darem nie van elke greintjie inisiatief nie,” voeg  GREEFA se verkoopsbestuurder, Dick Verkade, vinnig by. “Daar’s  ‘n gebruikersvriendelike raakskerm waarmee  goed soos spoed en kapasiteit na wens verstel kan word. Dit laat jou selfs toe om die vrug te laat lê soos jy dit verkies –  sê nou maar blos na bo.”

Dick wys ook op die operateur se vermoë om die skerm om die verpakkingsrobot te laat beweeg. Hy sê dis ‘n toonbeeld van GREEFA se ergonomiese benadering wanneer hy stelsels ontwerp en maak onder meer voorsiening vir moeitevrye modulêre uitbreiding – iets wat vinnig mag nodig word soos die gewildheid van massaverpakte skeepsvragte toeneem en al hoe meer skeepsroetes beskikbaar word.

“Die SmartPackr is die vinnigste, mees akkurate en doeltreffende, dóg gebruikersvriendelike, vrugteverpakker op die mark en ons plan is om hom daar te hou,” sê Dick.

appel verpakker

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0