Eskom skryf miljoene rande agterstallige skuld af

Eskom-logo-lrg_1
Eskom is in onderhandeling met verskeie partye om miljoene rand se agterstallige skuld van Soweto inwoners en besighede af te skryf. Die skuldenaars moet dan instem om voorafbetaalde meters in hulle huise te installeer. Eskom is oortuig dat hierdie nuwe ooreenkoms vir almal ’n goeie uitkoms gaan hê. TLU SA Noord besef dat daardie agterstallige skuld êrens verhaal gaan word en by niemand anders nie as die getroue landsburgers wat hulle kragrekeninge betyds betaal.
Eskom weet dat boere hulle krag gereeld betaal. Eskom weet ook dat hulle maklik ’n plaas se kragvoorsiening kan afsny weens nie betaling en hulle doen dit ook.
TLU SA Noord sal hierdie saak namens alle boere fyn dophou en teen Eskom optree om nie diskriminerende sake praktyk toe te pas nie.
Bron: TLU SA