Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 14th August 2022

Elmic Beef se 22ste produksieveiling ‘n sukses

By 1 min read
248 words

IMG_5677

Duurste Elmic Beef bul kopers. Van Links: Konrad Mandig (mede-eienaar), Deon Uurqhart (mede-koper), mike Nicolau (eienaar), Archie Uurqhart (koper).

Elmic Beef het Woensdag die 10de Augustus hulle 22ste Produksieveiling gehou te plaas Brakvlei, geleë net buite Vrede, Vrystaat.

Mike Nicolau, eienaar van Elmic Beef vertel meer oor die veiling: “Die produksieveiling was suksesvol, en die bulle wat te koop was, was van die hoogste gehalte en slaggereed om oop koeie en verse te dek.”

Baie geluk aan mnr. A.Uurqhard, wat die duurste veldaangepaste bul van die dag, Lot 8 van Elmic Beef gekoop het. Hierdie bul het vir die prys van R100 000 gegaan.

Die bulle, koeie en verse was in ‘n puik kondisie. Die duurste bul, lot 8 was verkoop vir R100 000. Die gemiddelde prys op die vier-en-dertig bulle wat aangebied is, was R42 794, die gemiddelde prys op die agtien dragtige koeie was R15 250, die gemiddelde prys op die vyftien koeie- en kalwers was R16 000, en die gemiddelde prys op die elf oopverse was R13 773.

Lot 40, 41 en 42 die duurste veldaangepaste koeie- en kalwers is verkoop vir R16 000.

Lot 8, die duurste bul, is verkoop vir R100 000 aan mnr. A.Uurqhard. Konrad Mandig, mede-eienaar van Elmic Beef sê, “Ek hoop om volgende jaar by ons 23ste Produksieveiling weer almal te sien wat ons kom ondersteun het, asook nuwe gesigte wat ons top gehalte bul genetika in hulle troppe wil insit.”

Vir meer inligting besoek Elmic se webwerf by https://www.elmicbeefmasters.co.za/ of kontak Mike Nicolau 082 789 2803, Corné Mandig 076 500 9844 of Konrad Mandig 076 421 8446. Besoek ook gerus hulle Facebookblad: https://www.facebook.com/Elmic-Beefmasters-524831430927393/

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0