Categories: MechanisationPublished On: 25th September 2014

Elke LEMKEN onderdeel is ‘n meesterstuk

By 2 min read
341 words

By die LEMKEN-fabriek in Alpen, Duitsland word daar geen kortpaaie geneem nie. Familietradisie, ware Duitse vakmanskap en ‘n oor vir boere, ook in verre lande, se behoeftes, vorm die ruggraat van dié maatskappy wat al in 1780 sy eerste ploeg gemaak het.

Suid afrikaners in duitsland

Dit is die kern van die boodskap wat ‘n groep Suid-Afrikaanse boere, wat pas as gaste van LEMKEN Duitsland besoek het, teruggebring het huis toe. Die boere kon eerstehands sien hoe LEMKEN se uitgebreide reeks toerusting vervaardig word en hoe dit werk. Grondvoorbereiding, fynsaadplantwerk en oesbeskerming is alles deel van die LEMKEN-pakket en goeie nuus is dat ‘n mielieplanter tans in die ontwikkelingsfase is.

Viktor Lemken

Viktor Lemken is al 76 jaar oud, maar hy gaan loer nog gereeld by die fabriek in waar hy met groot respek deur die personeel ontvang word. Sy dogter, Nicola, is nou die sewende geslag Lemken wat aan die stuur van sake staan. Hier verduidelik hy in redelik gebroke Engels dat die maatskappy net die beste mense in diens neem.

Lemken Duitsland

Tydens die fabrieksbesoek wouRalf Bornemann, een van die vier produkbestuurders van LEMKEN by die groep Suid-Afrikaanse boere weet presies wat hulle behoeftes is en watter aanpassings aan die toerusting noodsaaklik is. Dieper tandbewerking en ‘n mielieplanter staan bo-aan die lysie.

onderdele

Die verhardingsaanleg vorm die kern van die fabriek. Elke hardwerkende onderdeel word afsonderlik gesmee, behandel, glad gepoets en geverf voor dit na die volgende been van die aanleg verskuif waar die verskillende masjiene met sorg aanmekaar gesit word.

LEMKEN-ploeg

Die geel karretjies waarop die masjiene beweeg kan al die funksies van ‘n trekker se driepuntstelsel of kragaftakker uitvoer en elke masjien word dus deurlopend getoets sover dit in die fabriekslyn af beweeg.

LEmken

Die sleepspuite word in Meppen vervaardig en is een van die nuwer toevoegings tot die LEMKEN-reeks.

LEMKEN-ploeg of saadbedvoorbereider

Elke tweede plaas in Duitsland het ‘n LEMKEN-ploeg of saadbedvoorbereider. Met ‘n 43% plaaslike markaandeel is dit geen wonder dat die uitvoermark wink nie en die blou masjiene is nou al regdeur die res van Europa, die ou Oosbloklande, Indië, Sjina, die Amerika’s, Australië en natuurlik suidelike Afrika te sien.

 

  

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0