Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 18th June 2019

Elektriese heinings: Gallagher beskerm boere se bates steeds na 75 jaar

By 3 min read
496 words

DSC_0281

Gallagher se S22 draagbare sonkragheiningkragbron.

՚n Noodsaaklike bate op enige plaas is ՚n elektriese heining met ՚n kragbron waarop jy kan reken. Dit is hoekom al hoe meer boere hulle na Gallagher wend om hulle eiendom te beveilig en te sorg dat diere bly waar hulle hoort.

Gallagher is ՚n wêreldleier in vernuwende sekerheidstelsels vir boere. Die maatskappy se storie het al in 1938 begin toe Bill Gallagher (snr), van ՚n plaas in Horotiu, Nieu-Seeland, vir homself die eerste battery-aangedrewe kragbron vir ՚n elektriese heining ontwikkel het.

Heel gou het hy ՚n geleentheid gesien om die lewe ook vir sy medeboere makliker te maak – in 1948 het hy

voluit begin om kragbronne vir elektriese heinings te vervaardig en medeboere het sy produkte gretig opgeraap.

 Die wêreldaanvraag na betroubare stelsels het hom genoop om in 1978 kragbronne te begin uitvoer en vandag gaan Gallagher internasionaal steeds van krag tot krag.

 Gallagher se bekendste en gewildste draagbare sonkragaangedrewe kragbron is die S100 wat in ideale omstandighede ՚n enkeldraad tot 30 km ver gedug laat skok.

Tobie van der Merwe, gebiedsbestuurder vir dierebestuur in die Vrystaat, en Jean Gouws van Bethlehem, een van die gelukkige wenners van die S22-kragbron.

S22 draagbare sonkragheiningkragbron:

՚n Bekostigbare keuse vir elke boer is Gallagher se S22-batterybekragtiger. Die battery word deur sonkrag gelaai en hy stuur sy flink skok 2 km ver. Dit is die perfekte keuse vir strookbeweiding, ՚n tydelike heining of om elektriese heinings op te rig waar daar onbetroubare of geen netwerkkrag is nie.

 Die sonkragopsie is ՚n welkome oplossing vir ՚n boer wat bekommerd is dat kragonderbrekings sy elektriese heining sal verhoed om te werk. Die S22 word baie vinnig en maklik aan die werk gesit. Die battery sorg dat die kragbron vir tot drie weke sal aanhou werk sonder die son se strale. Hy is in ՚n waterbestande houer met ingeboude weerligbeskerming, wat beteken hy is ontwerp om buite in die reën en hael gebruik te word.

Volg net die oranje kierietjie

Die gewilde “stock-stick” wat vele mense na Gallagher se NAMPO-stalletjie gelok het.

Vanjaar het Gallagher ՚n slim plan bedink om die aandag by NAMPO te trek: Oral op NAMPO-plaas het mense met helder oranje staffies rondgeloop wat nie net as ՚n nuttige kierietjie kan dien nie, maar later ook op die plaas gebruik kan word om vee aan te keer of te sorteer. Vra jy enigeen waar kry hy die mooi kierietjie, beduie hy jou na Gallagher se uitstalling waar dit te koop was… en elkeen wat so ՚n kierietjie – Gallagher noem dit ՚n “stock-stick” – gekoop het, het in aanmerking gekom vir ՚n trekking waarin elke dag ՚n S22 draagbare sonkragheiningkragbron gewen kon word.

Die wenners wat kragbronne huis toe kon vat was:

  • Jean Gouws van Bethlehem
  • Corrie Janse van Vuuren van Vryheid
  • Phillip Erasmus van Somerset-wes
  • Jacobus Conray van Alldays
  • Mnr Oostwald van Vereeniging

Vir meer inligting oor Gallagher se elektriese heinings en kragbronne, kontak vir Jaco Burger by 083-297-6079 of 011-971-4200 of besoek hulle webwerf by: www.gallagher.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0