Categories: NewsPublished On: 15th March 2017

Eerste Merinodag by Woordfees op Stellenbosch

By 1 min read
Merinodag

Merino Dag by US Woordfees deur Agri-Expo

Die eerste Merinodag by die US Woordfees op Stellenbosch is met groot sukses deur Agri-Expo aangebied. Die waardeketting van die Merino is uitgebeeld deur Merinoskape op uitstalling, Merinowol in verskillende stadiums van die kamproses en gesogte Merinowolkledingstukke.

Die hoogtepunt van die dag was die Merino-lamsboudproe, wat reeds weke gelede uitverkoop was, aangebied deur die bekende Sjef, Bertus Basson. Merino lamsboude is uit verkillende streke van reg oor Suid-Afrika verkry en op presies dieselfde wyse gaargemaak, sonder enige geurmiddels. Besoekers kon dus die smaak en geure van die verskillende streke proe en self besluit watter streek se lam vir hulle die beste smaak. Gesogte Veritas-bekroonde rooiwyne is saam met die geleentheid deur die Kaapse Wynmeester, Bennie Howard, aangebied.

“Agri-Expo poog om die beeld van landbou op die mees opwindende maniere te bevorder en met hierdie inisiatief, in samewerking met ons vennote, Skaapvleis SA, Merino SA, BKB en Veritas glo ons dit is die regte rigting waarin ons met landbou beweeg,” sê Johan Ehlers, HUB van Agri-Expo.

Kundiges in die Merinobedryf soos Hein Vollgraaff van BKB, Gawie van Heerden van Konsortium en Uysie Willemse van Merino SA het besoekers ingelig oor die waarde van die gesogte ras. Die dag is afgesluit met ‘n heelike Merino-potjiekos voorberei deur Sjef Bertus Basson.

Bron: Agri-Expo

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment