Dry Ice 4 Farming – Hierdie brandmerk metode met droë ys hou baie voordele in

Screenshot 2023-08-17 110636
Vir enige boer is die welsyn van sy vee baie belangrik. Dit sou dalk ook help om die diere te spaar van die negatiewe effekte van tradisionele brandmerk metodes soos trauma, huidskade en infeksie wat daarmee gepaard gaan. Ongelukkig is noodsaaklike identifikasie met brandmerke onvermydelik, as gevolg van veediefstal insidente wat dikwels voorkom.
Dry Ice 4 Farming bied ‘n alternatiewe en innoverende nuwe vriesbrandmerk metode met behulp van koue ysters, wat verkoel word met ‘n mengsel van isopropiel-alkohol en droë ys.
Die intense koue manipuleer die kleurpigmentasie van die onderliggende haarfollikels en het tot gevolg ‘n permanente en hoë kontras brandmerk met nuwe kleurlose hare. Indien dit verlang word, kan hare permanent verwyder word deur die langer toediening van die koue yster – ideaal vir wit diere of dié met ligter gekleurde huide.
Die vriesbrandmerk metode het ‘n minder skadelike impak op die dier en hou die volgende voordele in:
- Permanente identifikasie merke vir beeste en perde
- Pynlose proses, diere is minder getraumatiseerd
- Beskadig nie die huid van die dier nie
- Identifikasie merke skaaf/verbleik nie mettertyd nie
- Identifikasie merke is duidelik sigbaar, selfs vanaf ‘n afstand
- Vee kan makliker geidentifiseer en opgespoor word
- Ideaal vir melkerye en akkurate rekordhouding
Aangesien diere minder nadelig deur koue temperature geaffekteer word, is die effek van ‘n koue yster baie minder indringend en traumaties in vergelyking met ’n warm brandyster.
Die ideale ouderdom vir die vriesbrandmerk metode is gewoonlik vanaf 6 maande, maar kan op diere so jonk as een maand aangewend word. Namate die merk saam met die dier groei, sal dit uiteindelik sigbaar en permanent wees. Dit kan ook met groot sukses vir dragtige en lakterende koeie toegepas word, met trauma wat aansienlik verminder word en sodoende ook die risiko om te aborteer of melkproduksie wat nadelig beinvloed word.
Die brandmerk tyd van die yster op die dier se huid verskil na gelang van die betrokke dier se ouderdom en ras. Perde en een-maand oue beeskalwers word blootgestel vir 30 sekondes en beeste vir 45 tot 55 sekondes, afhangend van die ras. Hoe dikker die bees se vel, hoe dieper is die onderliggende haarfollikel en dus moet daar vir ‘n langer brandmerk tyd voorsiening gemaak word. Na afloop van die brandmerk proses, neem dit 30 tot 40 dae vir die nuwe (kleurlose) hare om uit te groei.
Die vriesbrandmerk metode is ‘n eenmalige proses wat lankdurige resultate lewer – dit is duidelik sigbaar, netjies, maklik herkenbaar en permanent. Dit kan enige tyd van die jaar uitgevoer word, aangesien daar geen oop wond is wat deur vlieë besmet kan word nie. Die risiko vir veediefstal word sodoende ook verminder, omdat die vriesbrandmerk nie verander of gemanipuleer kan word nie.
Die vriesbrandmerk proses is veilig en maklik vir die gebruiker om dit self te kan doen. Die vriesbrandmerk metode is geregistreer by die Registrateur van Departement Landbou vir diere identifikasie. ‘n Volledige pakket vir die vriesbrand metode en ander identifikasie toerusting kan bestel word by Dry Ice International, wat gerieflik landswyd in enige dorp afgelewer sal word met ‘n beskikbare koerier diens.
Besoek Dry Ice International se webwerf by dryice.co.za/4-farming vir meer inligting.