Categories: NewsPublished On: 28th August 2017

Droogtes en swak ekonomie dreig, maar Agri Mega Week 2017 gaan voort

By 1 min read
232 words
Agri Mega Week

Agri Mega Week 2014

Agri Mega Week 2017 word vanaf 13 tot 16 September 2017 by Mega Park in Bredasdorp aangebied. Volgens die organiseerders beloof vanjaar se Agri Mega Week om weer eens ‘n spesiale geleentheid te wees. Nie eens die droogtes, swak ekonomie, politieke en ekonomiese omwentelinge of brande in die Wes-Kaap, sal afbreuk doen aan Agri Mega Week 2017 nie.

Agri Mega Week 2017 bied ‘n platform vir interaksie in landbou met gefokusde uitstallings, kampioenskappe, demonstrasies en verskeie seminare wat aangebied word. Dit prikkel ook die belangstelling van die breë publiek met ‘n groot verskeidenheid interessante uitstallings en bied groot vermaak vir oud en jonk.

Die meerderheid getroue uitstallers is weer vanjaar aan boord en daar is ook ‘n paar nuwe produkte. Water is ‘n kleinnood en derhalwe word ‘n Waterberaad met mnr P Buthelezi as gasspreker aangebied, om die krisis in water te bespreek.

Vanjaar word die Cape Floral Kingdom-ekspo, die BeSafe-ekspo en die Mega PetEx ook by die Agri Mega Week 2017 ingesluit. Die Cape Floral Kingdom-ekspo sal weens die wydverspreide brande nie die fisiese omvang hê soos wanneer dit op sy eie aangebied word nie, maar die gehalte en standaarde sal steeds hoogstaande wees.

Plaas 13 tot 16 September op u kalender vir ‘n besoek aan Agri Mega Week 2017 om op hoogte te bly van belangrike ontwikkelinge en produkte beskikbaar in die landbou sowel as in die algemeen, met uitstekende vermaak van opvoedkundige waarde vir die kleinspan en Jan Alleman.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0