Categories: JokesPublished On: 5th July 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
137 words

bees

Reg is reg

‘n Uitklinkskakelaar in tante Reg Verdig se huis gee moeilikheid en sy bel die elektrisiën om dit te kom vervang. Binne tien minute is die takie gedoen en hy oorhandig die rekening aan haar. Benewens die reiskoste en die prys van die nuwe skakelaar, staan daar: “1 uur arbeid – R360.”

Tante Reg Verdig: “Hoe kan jy my een uur se arbeid laat betaal vir net tien minute se werk?”

Elektrisiën: “Jammer Mevrou, dit is die maatskappy se beleid: Enige gedeelte van ‘n uur tel as ‘n volle uur se arbeid. As die werklike werkstyd ‘n uur geduur het, sou die tarief nog dieselfde gewees het.”

Tante Reg Verdig: “Nou ja, ek eis my volle uur arbeid waarvoor ek betaal. Hier is die hark – gaan hark nou vyftig minute lank blare in my tuin.”

0
Views: 220Comments Off on Dom Boer se lag vir die dag:

Deel hierdie artikel.

0