Categories: JokesPublished On: 30th June 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
82 words

bees w

Jannie vorder

Pappa kom van die werk af by die huis en Mamma staan hom by die deur en inwag.

Mamma: “O Skat, ek het goeie nuus en slegte nuus vir jou.”

Pappa: “Wat is die goeie nuus?”

Mamma: “Twee dinge: Klein Jannie het vandag sy eerste tandjie gekry en sy eerste treetjie gegee…”

Pappa: “En die slegte nuus?”

Mamma: “Maar toe val hy en toe sny sy tandjie sy lippie…”

Pappa: “En toe?”

Mamma: “En toe sê hy sy eerste woordjie.”

0
Views: 219Comments Off on Dom Boer se lag vir die dag:

Deel hierdie artikel.

0