Dom Boer se lag vir die dag:

agrilag_4
Elkeen na eie voorkeur
Twee kokkerotte sit in ‘n Spug-kombuis en vreet aan kos in ‘n bord wat op die kelner wag om tafel toe geneem te word.
Peerkies Kokkerot: “Ou Dawie, weet jy, ek was nou net by Blanco Restaurant oorkant die straat. Jy sal nie glo hoe skoon en netjies en sindelik die plek is nie. Die kokke en kelners is skoon en was hulle hande gereeld. Die kook- en eetgerei is silwerskoon en die kombuis se vloer word gereeld met ontsmettingsmiddel gewas…
Dawie Kokkerot: “Ag nee sies man – moenie van sulke goed praat waar ek eet nie.”