Categories: JokesPublished On: 23rd June 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
102 words

perde jj

Naar maar waar

Die sersant lê vier aansoeke van mense wat by die Vreemdelingelegioen wil aansluit voor die kaptein.

Sersant: “Hierdie aansoek kom van Langvingers Steelman, veedief, smokkelaar en brandstigter.”

Kaptein: “Hy kan gerehabiliteer word – aanvaar hom.”

Sersant: “Goed Kaptein. Die volgende aansoek kom van Jakkalsgevreet Skelmloer, verraaier, renosterstroper en swendelaar.”

Kaptein: “Hy kan gerehabiliteer word – aanvaar hom.”

Sersant: “Goed Kaptein. Die derde aansoek kom van Skuinskyk Skurkenaar, juweeldief, kluisoopbreker en vervalser.”

Kaptein: “Hy kan gerehabiliteer word – aanvaar hom.”

Sersant: Goed Kaptein. Die vierde aansoek is van Roelf de Klerk, politikus.

Kaptein: “Wel, drie uit vier is darem nie te sleg nie…”

0
Views: 224Comments Off on Dom Boer se lag vir die dag:

Deel hierdie artikel.

0