Categories: NewsPublished On: 11th March 2016

Die varkbedryf raak vaartbelyn

By 1 min read
257 words

SAVPO raad

Simon Streicher, HUB, Marieta Human, bemarkingskoördineerder; James Jenkinson, voorsitter en Myles van Deventer, ondervoorsitter, is op die hoofbestuur van van SAVPO.

Die Suid-Afrikaanse Varkprodusenteorganisasie (SAVPO) het ’n paar planne gemaak om ’n beter en meer omvattende diens vir varkboere te lewer. Hulle het onlangs aangekondig dat hulle in die proses is om drastiese herstrukturering te ondergaan wat volgende jaar in werking sal tree. “As gevolg van die duplisering van werk wat tans deur die provinsiale en nasionale bestuur gedoen word, het die tyd aangebreek dat die nasionale bestuursliggame heeltemal wegval sodat daar slegs sentrale bestuur op nasionale vlak sal wees,” sê mnr James Jenkinson, voorsitter van SAVPO.

Die varkbedryf is tans baie gesond en bedien omtrent die hele Suid-Afrikaanse mark. Die res van die vleis sal onder meer vanuit Amerika kom soos deur die Agoa-verdrag bepaal. Daar is tans 110 400 sôe in die land. Hulle word deur 250 varkboere besit en nege stoettelers in die land voorsien goeie genetika. 153 geregistreerde varkslagplase is verantwoordelik om jaarliks 2,7-miljoen karkasse in die mark te stoot. Daar word ook nou voelers uitgesteek om na Sjina, Singapoer en Rusland uit te voer.

Maar die bedryf kan verbeter, sê mnr Jenkinson. “Met die versterkte sentrale bestuur kan ledegeld nou meer doeltreffend ingevorder word en seker gemaak word dat alle lede van SAVPO vir die dienste betaal wat gelewer word.”

Simon Streicher, HUB, Marieta Human, bemarkingskoördineerder; James Jenkinson, voorsitter en Myles van Deventer, ondervoorsitter, is op die hoofbestuur van van SAVPO.

Simon Streicher, HUB, Marieta Human, bemarkingskoördineerder; James Jenkinson, voorsitter en Myles van Deventer, ondervoorsitter, is op die hoofbestuur van van SAVPO.

Die nuwe struktuur sal in Januarie 2017 in werking tree sodra die Nasionale Landboubemarkingsraad die verandering goedkeur. ’n Heffing van R10,50 per geslagte vark sal van 1 November 2016 af gehef word om die proses te befonds.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0