Categories: Crop productionPublished On: 25th May 2017

Die toppunt van besproeiingstegnologie: Bestuur jou Valley met die punte van jou vingers

By 3 min read
620 words
Valley

valley mei 1

Jy ken jou boerdery op die punte van jou vingers. Waarom nie jou besproeiing met die punte van jou vingers bestuur nie? Elektroniese afstandbeheer van ’n spilpunt is nie meer ’n vreemde konsep nie en elke boer met ’n slimfoon verstaan hoe gerieflik raakskermtegnologie is. Met Valley se nuwe ICON-reeks word dié tegnologie saamgevoeg in ’n pakket wat besproeiingsbeheer inkleurboekmaklik maak.

Die ICON-beheerpanele en raakskerms is aanpasbaar by bestaande tegnologie en kan selfs ingespan word om jou ouer stelsels of ander vervaardigers se stelsels in die ruimte-eeu in te neem. Die sagteware is intuïtief, met ander woorde dit leer jou behoeftes ken en verstaan.

As jy byvoorbeeld altyd jou spilpunt so stel dat die pompspoed laer moet wees vir die onderste helfte van die land, sal ICON dit onthou en vra of jy dit permanent so wil programmeer. Dit klink ingewikkeld om iets te programmeer, maar Valley het video’s beskikbaar wat jou stap-vir-stap deur die proses sal neem om enige verstelling in die slimstelsel in te voer. Uiteindelik is dit maklik, eenvoudig en doeltreffend.

Die ICON10™, ICON5™ en ICON1™ pas in Valley se standaard modulêre beheerpaneel, so indien jy tans ’n Valley Pro-, Pro2-, Select-, Select2- of ClassicPlusbeheerpaneel het, kan jy maklik en vinnig opgradeer na ICON. Enige toekomstige sagteware-opgraderings of nuwe tegnologie sal nou ook net elektronies oorgedra hoef te word. Al die ICON-panele het ’n skakel na die AgSense-toepassing (app) vir die beheer en monitering van jou spilpunt.

BaseStation3™-skakeling is ook moontlik met ’n klein aanpassing. Selfs in ’n gebied waar jy geen selfoonopvangs of internet het nie, kan jy steeds jou spilpunt van die kant van die land af beheer.

Só lyk jou keuses:

ICON10™

Die ICON10 is die grootste in die reeks, met ’n skerm van 10 duim, en stel jou in staat om by die spilpunt self jou besproeiing te skeduleer en beheer. Dit is eenvoudig om al die funksies te programmeer. Die ICON10 bied al die eienskappe wat tans in die Valley Pro2-paneel beskikbaar is, maar met baie meer geheue en spoed vir toekomstige opgraderings.

Dit is GPS-gereed, kan gebruik word vir veranderlike spoedbeheer (VRI Speed), presisiebesproeiing met seksie- en selfs individuele sproeierbeheer, asook die programmeerbare en presiese toediening van water, vloeibare kunsmis en enige ander chemiese middels. Met behulp van AgSense kan jy ook al dieselfde verstellings van jou rekenaar in die huis af bestuur. Jy kan selfs die masjien leer om jou te laat weet as iemand probeer om die kabels te steel.

ICON5TM

Soos die naam aandui, is die ICON5 se skerm die helfte kleiner as die eerste opsie, maar dit spog egter met al die tegnologie wat in die groter skerm ingebou is. Sagte raakknoppies verskaf die beheer.

ICON1TM

Die ICON1 bied ’n les in eenvoud. Op die skerm in die paneel is net drie knoppies: Vorentoe aan, Stop en Agtertoe aan. Dit beteken egter nie dat jy minder funksies of beheer het nie – jy kan op enige slimfoon of tablet die nodige toepassing aflaai deur App Store of Google Play en dan vanuit die gerief van jou bakkie al die verstellings doen. Met die ICON1 se ingeboude WiFi het jy ook nie eers selfoonontvangs of Internet nodig nie.

* Bepalings en voorwaardes geld.

ICONX

ICONX is die antwoord as jy al jou spilpunte, ook ander soorte as Valley, deur een sentrale stelsel wil beheer sonder om vir elke spilpunt ’n splinternuwe beheerkas op te rig.

* Bepalings en voorwaardes geld.

Vir meer inligting oor al Valley se tegnologie wat jou lewe makliker en jou boerdery winsgewender kan maak, skakel 010-350-0550, stuur ’n e-pos na infosa@valmont.com of besoek www.valleyirrigation.com/za. Valley is ook by NAMPO, Standplaas 263.

 

ICON1TM

ICON1TM

Valley

ICONX

ICONX

0
Views: 264Comments Off on Die toppunt van besproeiingstegnologie: Bestuur jou Valley met die punte van jou vingers

Deel hierdie artikel.

0