Die toekoms is hier: Koop maklik en veilig by Futurama.co.za

futurama 1
Die dae van verkeer en stadslawaai trotseer op soek na die beste aankoop teen die beste prys, is verby. As jy op soek is na goeie gehalte, bekostigbare, buitelug-, jag-, optika- en plaasbeveiligingsprodukte, het jy nie nodig om verder te kyk nie. Futurama.co.za is ’n aanlynwinkel wat veilige inkopies bied en oral in Suid-Afrika aflewer, maar as jy een van dié is wat moet voel voor jy kan koop, kan jy gerus ook Futurama se “regte” winkel in Somerset-Wes, naby Kaapstad, besoek.
Futurama.co.za haal die vrees uit Internet-aankope. Hulle bestaan al vier jaar lank en het ’n 4,87- (uit 5) -stergradering op HelloPeter. As jy ’n produk bestel en betaal, sal jy dit ook ontvang! Hulle lewer altyd uitstekende kliëntediens en streef daarna om seker te maak dat elke klant versorg word en die regte produk vir sy behoeftes koop.
By Futurama kan jy enigiets vind van kampeer- en jaggereedskap soos geweerteleskope, nagsig- en termiesesigtoerusting, tot robuuste slimfone wat gemaak word vir boere, persoonlike oortreksels vir jou bakkie se sitplekke, RaceChip-motorinstelskyfies, hommeltuie, hidroponiese toerusting en selfs metaalverklikkers.
Futurama se verkoopspan is kundiges in bykans alles wat hulle verkoop en is veral goed opgelei met betrekking tot optika, nagsig en alle buitelugprodukte. Wat jy ook al soek, hulle kan jou help om te kies… en moenie bekommerd wees nie, hulle praat ook Afrikaans!
Futurama lewer oral in Suid-Afrika by jou voordeur af. Hulle logistiese span het jarelange ondervinding in die aflewering van pakkies aan die mees afgeleë dele van Suid-Afrika; hulle weet hoe om ’n pakkie by ’n boer te kry!


Jou geld gaan ook nie in die kuberruim verdwyn as jy by Futurama koop nie. Hulle gebruik ’n 100% veilige kredietkaartbetalingsgerief wat deur MyGate aangebied word. Geen inligting oor jou kredietkaart beland op Futurama se webwerf nie. As jy nie met jou kredietkaart wil betaal nie, kan jy altyd ’n bankoordrag doen. As jy enige hulp nodig het, is die vriendelike verkoopskonsultante net ’n oproep ver.
Een van die hoofprodukte in hulle reeks is die verskaffing van oplossings vir plaasbeveiliging sodat jy jou gesin, vee en toerusting kan beskerm. Hulle is Suid-Afrika se grootste nagsig- en termiesesigtoerustinghandelaars en hulle is die Suid-Afrikaanse verspreiders vir Armasight en FLIR Night Vision en Thermal Vision.
Futurama verkoop nagsigtoerusting hoofsaaklik aan boere vir veiligheid en aan teenstropery-eenhede wat die laaste van ons kosbare renosters beskerm. Futurama het die beste produkkennis en uitgebreide ervaring met nagsig en sal die perfekte eenheid vir jou behoeftes aanbeveel. Bel hulle net!
’n Besoek aan Futurama.co.za se nuwe handelswinkel in Kaapstad is ’n indrukwekkende ervaring. Hulle slaag daarin om die beste van alle wêrelde te bied – ’n aanlynwinkel met produkte wat jy kan optel en bekyk! As jy nie die presiese item wat jy soek op die rak kry nie, bestel jy sommer net daar in die winkel van hulle webwerf af. Binne enkele dae is dit in die winkel of by jou voordeur. Futurama is werklik die toekoms van aanlyninkopies.
Michael Upton, die stigter van Futurama.co.za, sê wat hom begeester het om Futurama vier jaar gelede te begin, was: “Ek wou ’n plek skep waar jy die grootste verskeidenheid produkte van al die tophandelsmerke teen die beste prys in Suid-Afrika kan aankoop. Koppel die beste prys met die beste kliëntediens en jy sal ’n winkel hê wat mense keer op keer sal laat terugkom. Ons wil nie net verkope hê nie, ons wil lewenslange kliënte hê, en as ons oordeel op grond van die positiewe resensies op Hello Peter, glo ek ons het daardie plek geskep.”
Dit is nou die tyd om jouself en jou gesin te bederf na die jaar se harde werk of om seker te maak jy word nie ook deel van die plaasaanvalsyfers nie. Besoek gerus www.futurama.co.za of bel hulle by 021-851-3284 en vermy die feestydmalligheid.


