Categories: Resource managementPublished On: 22nd March 2017

Die son is nou binne jou bereik

By 3 min read
665 words
son

son 1

“As ’n boer nie nou oorskakel sonkrag toe nie, het hy nog nie die som gemaak om te sien dat dit goedkoper is as Eskom nie,” sê Fred Claassens van Suncolect. In die afgelope drie jaar het die prys van ’n sonkraginstallasie met omtrent 30% gedaal. As gevolg van inflasie en die wisselkoers, kan dit weer begin styg.

Op Coen Gerber se plaas net oos van Bronkhorstspruit, word die voordele van Suncolect se energieplanne deeglik benut. Oom Coen glimlag breed as hy die Eskom-meterkas vir ons oopmaak en na die metertjie wys: “Kyk, hy staan stil!”

Op hierdie plaas word daar behoorlik geboer met ongeveer 2 000 melkbulkalwers in ’n voerkraal, koeie wat gemelk word, eksotiese voëls, ’n spilpunt en ’n werkswinkel waar daar gereeld gesweis word.

Fred verduidelik dat die plaas van drie kragbronne af kan werk:  regstreeks van die sonkragpanele af, van die batterye af of van Eskom af, en dat die omskakeling tussen die drie glad en ongesiens verloop. Daar is wel ’n alarm op die plaas wat almal waarsku as die stelsel van sonkrag af na Eskom oorsakel, sodat hulle kan weet om briek aan te draai!

Dit gebeur egter nie gereeld nie, want die rits sonpanele op die dak laai sommer al vroegoggend die batterye vol en dit moet regtig baie bewolk en donker wees voor die panele ophou werk. “Dit is ons werk om seker te maak dat hier altyd krag op die plaas is,” sê Fred.

Die eerste ding wat Suncolect doen, is ’n deeglike behoeftebepaling van al die krag wat werklik nodig is en ook waar daar krag bespaar kan word.

Die uitskakeling van kragverbruikpieke is ook baie belangrik, want Eskom bereken koste op grond van die pieke. Die groot waterpomp wat die plaas van water uit die Wilgerivier voorsien, het vroeër tot 180 ampère getrek wanneer hy aanskakel. Met die gebruik van reëlbare- of veranderlikefrekwensie-aandrywing (variable frequency drive), word die pomp stadig aangeskakel om nooit meer as 32 ampère te trek nie.

Suncolect kan stelsels van 5 kVa tot 4 000 kVa voorsien en Fred sê hulle sal nie sommer laer as 30 kVa vir ’n plaas aanbeveel nie. Van 50 kVa af begin ’n mens egter kyk na groot nywerheidsomsetters.

Een van die somme wat hulle maak, is om te sorg dat ’n boer binne vyf jaar sy koste verhaal met besparing op Eskomkrag. In die meeste gevalle is die omdraaitydperk al binne die eerste drie jaar met kapitaalafskrywings teen belasting. Die stelsel en panele het ’n leeftyd van 25 tot 30 jaar, maar die batterye moet elke tien jaar vervang word.

As jy Eskom se paal wil afsaag, bel Fred Claassens van Suncolect by 087-980-4119, 083-414-0102 of e-pos fred.claassens@suncolect.com. Besoek ook www.suncolect.com

So werk dit?

Vir die driefase-installasie is daar twee omsetters aan elke fase gekoppel. Die omsetters skakel die krag wat van die sonpanele af kom om van gelykstroom na wisselstroom. Die Eskomkrag loop ook deur die omsetters wat dit “skoonmaak” en spanningswisselings vanaf 169 tot 264 volt omskakel na presies 230 volt. Alles op die plaas loop dus op skoon krag, wat beteken die elektriese motors werk meer doeltreffend en alles hou langer.

Die stelsel is ten volle outomaties en al die inligting word op die skermpie vertoon. Jy kan duidelik sien hoe vol die batterye gelaai is (‘n telling van 48 beteken hulle is vol) en of die stelsel van regstreekse sonkrag, batterye of Eskom af loop.

Dit is ook vir Suncolect moontlik om deur ‘n aanlynmoniteringstelsel alles dop te hou en seker te maak niks loop verkeerd nie. Die inligting oor die kragverbruik kan gebruik word om die stelsel optimaal aan te pas. ‘n Alarmstelsel kan ook waarsku as iemand panele probeer steel of met die omsetters lol.

son

Só loop water wat met sonkrag uit die rivier gepomp word. Regs agter is die sonpanele op die dak van die kalfskuur en links staan die Eskompaal nog net op genade!

 

son

Fred Claassens en Coen Gerber voor die sonpanele op die dak van die kalfskuur.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0