Damme, wagtorings, tenkstaanders… Staalboer wys steeds sy staal

Staalboer-dam-Kragdag
Staalboer vervaardig sedert 2003 staalpaneeldamme, tenkstaanders en wagtorings. Dié onderneming, onder leiding van Jan Andries Sr., lewer tans dienste aan klante in verskeie lande soos Zimbabwe, Lesotho, Zambië, Botswana, Namibië, Eswatini (Swaziland), Uganda en Sri Lanka.
Staalboer het al ongeveer 3 600 projekte regoor Afrika asook wêreldwyd voltooi. Staalboer se damme is bekend vir hulle hoë gehalte en duursaamheid. Dit is kostedoeltreffend, stewig, en die perfekte oplossing vir jou waterbergingbehoeftes. Liz Smith, kantoorbestuurder by Staalboer, vertel dat KragDag die geleentheid bied om met boere te kommunikeer en om hulle produkte aan potensiële kliënte te wys.
Sy sê: “Ons vervaardig staalpaneeldamme met ‘n opgaarvermoë van tweeduisend tot viermiljoen liter, asook watertenkstaanders wat 1,5 tot 12 meter hoog is vir tenks van 2 500 tot 10 000 liter. Ons vervaardig ook wagtorings.”
Die damme is maklik om op te rig, en jy het nie ՚n fondasie nodig nie. Die dam moet slegs op ՚n plat oppervlak met ՚n sandbodem staan. Die damme is ook van so ‘n aard dat dit maklik verskuif kan word indien dit sou nodig wees.
Daar staan sedert 2018 ’n Staalboerdam op KragDag se terrein – dit getuig natuurlik van die geloof en ondersteuning wat die organiseerders in Staalboer het.

Die kleinste damme kan gebruik word vir visserye, akwaponika, of as waterreservoirs in landgoedere en ander stedelike omgewings. Klante gebruik ook die damme as swembaddens,” voeg Liz by.
Bedekkings en voerings vir jou Staalboer-dam
Staalboer bied verskeie opsies om jou dam te bedek. Die damme kan toegerus word met ՚n 40% skadunetstruktuur om vuilgoed uit die dam te hou, of ՚n 95% skadunetstruktuur wat algegroei beperk. Die bedekking voorkom dat voëls, insekte, blare en ander vuilgoed in die water beland. ՚n Versinkte staalkoepeldak kan ook verskaf word.
Die voerings word standaard vervaardig van 550 g poliësterversterkte PVC met uistekende weerstand teen UV-lig, maar 800 g voerings vir drinkwater is ook beskikbaar. Staalboer bied ՚n 10- jaar pro rata waarborg teen sonskade op die voerings.
Kry jou tenkstaanders en wagtorings ook by Staalboer
Staalboer verskaf ook tenstaanders en wagtorings. “Die afgelope paar maande was daar ՚n toename in belangstelling in ons wagtorings. Ek was verbaas oor die navrae wat instroom,” sê Liz. Die tenkstaanders en wagtorings kan met ՚n eentonvoertuig vervoer word, en dit kan maklik op die terrein aanmekaargesit word in minimale tyd. Die struktuur word as ‘n stel met omvattende aanwysings gestuur.
Staalboer is die plek waar enigeen in Suidelike Afrika sy volgende dam, wagtoring of tenkstaander kan aankoop, want dié vervaardiger is ‘n geregistreerde uitvoerder, en die vervoer van die strukture is maklik omdat die elemente plat verpak en vervoer word.
Moenie huiwer om Staalboer vandag te kontak nie! Besoek hulle webtuiste by www.staalboer.com vir verdere inligting.