Daar is net een manier om ‘n LEMKEN-oes te kry …Gaan blou!

lemken 1
Wanneer die koring geil en goud op die lande staan, weet jy daar kom
՚n goeie oes, maar wanneer daardie selfde koring steeds regop in gelid bly staan teen strooptyd, weet jy jy kry ՚n LEMKEN-oes.
By SE Terblanche-boerdery op die plaas Fleur de Luke by Marble Hall is
die Terblanche-broers druk besig om te stroop voor die groot reën kom.
Dandré Terblanche glimlag breed as hy vertel dat medeboere hom nie glo
wanneer hy sê hulle verwag ‘n gemiddelde oes van 7,5 tot 8 ton per hektaar
en die koring staan regop en wag om by die stroper in te glip nie. Hulle meen met so opbrengs het koring ‘n geneigdheid om te gaan lê.
Die verskil kom in by die plasing van die saad, sê Sias Humphries van
AFGRI Marble Hall, wat die LEMKEN-toerusting verskaf. Blackie Swart, streeksbestuurder van LEMKEN SA, verduidelik: “Met die LEMKEN Solitair plant jy in kilogram per hektaar en word jou saad baie eweredig in die rye versprei. Die voordeel van eweredige saadverspreiding in ‘n perfekte saadbed is dat die koringsade gelyk ontkiem en opkom wat mededinging
tussen die plante uitskakel.”
Dit beteken elke halm is stewig met ՚n sterk ontwikkelde wortelstelsel in die
grond geanker. Lucas en Dandré behartig die saaigedeelte van die plaas met gewasse soos koring, sojabone, katoen, tabak, aartappels, klein witbone, mielies en saadmielies, en hulle broer, Jaco, is die sitrusman. Hulle is die derde geslag Terblanche’e wat sedert die vyftigerjare die “kanaalgrond” bewerk.
“My pa is ook nog hier, maar hy ry net elke dag deur om fout te soek,”
spot Dandré.

Hulle verklaar die LEMKEN Solitairplanter het 1,1 tot 1,5 t/ha opbrengsverbetering plaas toe gebring – en die koringoes verbeter jaarliks namate bewerking met die ander LEMKEN-werktuie die grondstruktuur verbeter.
Fleur de Luke se blou vloot het begin met die aankoop van ՚n 4-meter Karat 9 in 2019 nadat die Terblanche-span die masjiene by Val Boeredag in aksie
gesien het. Hulle vertel hulle het vooraf baie navorsing gedoen en met ander boere gepraat, maar daardie demonstrasies het die deurslag gegee.
“Die Karat is nie soos ՚n gewone skeurploeg wat net strepe in die grond
trek nie; die Karat se bewerking strek oor die totale werkswydte en -diepte
van die werktuig. Die aksie gebeur onder die grond met herkonsolidasie
wat plaasvind wanneer die rollers daaroor beweeg,” verduidelik Blackie.
Die grond op die plaas wissel van hoë tot lae klei-inhoud. Op plekke is
selfs sandgruis, maar dit is grotendeels swaar gronde. Die Karat bewerk tussen 600 en 700 hektaar per seisoen teen ՚n gemiddelde
werkspoed van 9 km per uur, wat so 25 hektaar op ՚n dag beteken.
Die werksdiepte wissel van 250 tot 350 mm, afhangend van die grond, en
die Karat doen sy werk gemaklik met 275 kW trekkerkrag. Vroeër het hulle
vyf bewerkings per land gedoen, maar nou net drie. Dit bespaar diesel en tyd.
Nog ՚n LEMKEN-werktuig op die plaas is die Heliodor 8 wat vroeër gebruik
is om hulle eerste Solitair-planter te abba. Die 4-meter Solitair 8 is na die
eerste seisoen opgegradeer na die 6-meter Solitair 9 op ՚n Rubin om twee redes: wyer werking en elektroniese in plaas van meganiese uitmeting.
“As jy 100 kg saad per hektaar wil plant, dan plant die Solitair 9 presies
100 kg! As ietsie verkeerd gaan, vertel die masjien jou, nogal met ՚n gesiggie
wat huil, en jy kan dit vanuit die kajuit regstel,” sê Dandré.
Die opgradering het die Heliodor losgemaak vir ander werk. Dandré
sê met die Heliodor kan hy vinnig die lande skoonsny en onkruid voor planttyd beheer. “Dit bespaar jou amper ՚n spuitbewerking,” sê hy.
Die masjien het min slytasie, lae onderhoud en werk teen 12 km per
uur. Waar hy deur is wag ՚n perfekte saadbed en heerlike ryk grond, want
die mikrobes werk vinniger om biologiese materiaal af te breek en humus
in die boonste plantlaag te plaas. Die volgende LEMKEN wat plaas toe
kom is die Rubin 12 vir die insny van digte materiaal, soos die saadmielies
wat vinnig plek moet maak vir klein witbone, en die taai tabakstoele wat na
die oes agterbly. Die broers is baie tevrede met die ondersteuning wat hulle van die hele LEMKEN-span ontvang. “Ons is nie alleen nie; ons werk almal saam.”
Jy kan ook ՚n LEMKEN-oes kry. Kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com, of Blackie Swart by 082-404-9651
of b.swart@lemken.com. Die kantoornommer is 086-267-5720.