Corteva se oplossings vir onkruidbeheer en stikstofbinding help graanboere vorentoe

20250911_112344
Ané Loggenberg en Willie Auret het boere en besoekers by die Corteva standplaas tydens NAMPO Kaap meer vertel oor die uitstekende produkte wat hulle bied om beheer toe te pas oor raaigras en breëblaar onkruide in graanlande.
By NAMPO Kaap het Corteva se span, onder leiding van Ané Loggenberg, Willie Auret en Juan Pretorius, met boere gesels oor een van die grootste uitdagings in graanverbouing: hoe om onkruid op ‘n koste-effektiewe en omgewingsvriendelike manier te beheer, en hoe om stikstofbenutting te verbeter wanneer plante dit die nodigste het.
Die gesprekke het duidelik gemaak dat Corteva se plaaslike en internasionale navorsing daarop fokus om oplossings te ontwikkel wat boere werklik help om hul opbrengste te beskerm en te verbeter.
Onkruidbeheer: Raaigras en breëblaaronderdrukking
Raaigras (Lolium spp.) bly een van die mees hardnekkige probleme vir graanprodusente. Hierdie grasonkruid kompeteer direk met die gewas om lig, voedingstowwe en water. Volgens Willie Auret is die kern van suksesvolle raaigrasbeheer die kombinasie van ‘n betroubare residuele middel en goeie bestuurstegnieke. Aubaine® 518 SC is een van Corteva se sleutelprodukte in hierdie verband.
Dit is ‘n suspensie-konsentraat wat twee aktiewe bestanddele kombineer: chlorotoluron, wat die fotosintese in onkruide blokkeer, en isoxaben, wat die groei van breëblaaronkruide stop deur selwandvorming te inhibeer. Die kombinasie van hierdie twee werkinge maak van Aubaine ‘n kragtige hulpmiddel om die veld vroegtydig skoon te kry. Boere kan dit met plant, of vroeg ná opkoms toedien, wat groot buigsaamheid in die seisoen se beplanning moontlik maak.
Beheer van breëblaaronkruide word verder versterk deur die Arylex®-reeks. Arylex (halauxifen-methyl) is ‘n moderne sintetiese auxien wat spesifiek ontwikkel is om breëblaaronkruide te teiken. Produkte soos Pixxaro® 266 EC, Quelex 200 WG en Tarzec 320 WG is uitstekende keuses vir boere wat op soek is na betroubare resultate. Die voordeel van Arylex-gebaseerde produkte is dat hulle teen lae dosisse gebruik kan word, wat die chemiese las op die grond en die omgewing beperk. Omdat hulle vinnig afbreek, laat hulle min tot geen residu wat volgende seisoen se gewasse kan beïnvloed nie. Dit beteken boere kan makliker wisselboustelsels bestuur sonder bekommernis oor skade aan opvolggewasse.
Die kombinasie van Aubaine en die Arylex-reeks maak dit moontlik om beide gras- en breëblaaronkruide gelyktydig aan te pak – ‘n belangrike strategie om opbrengsverliese te verminder en weerstandontwikkeling te beperk. Soos Ané Loggenberg dit stel, bied Corteva se portefeulje boere die kans om ‘n skoon, kompeterende graanland te vestig wat van die begin af sy opbrengspotensiaal kan benut.

Juan Pretorius het verduidelik watter voordele die splinternuwe BlueN™ produk vir boere inhou wat sukkel met stikstofopname in hul plante.
BlueN™: Biologiese stikstofbinding vir optimale groei
Benewens onkruidbeheer, het Júan Pretorius boere bekendgestel aan BlueN™, een van Corteva se nuutste biologiese oplossings. Hierdie produk is ‘n gepatenteerde biostimulant wat ‘n natuurlike endofitiese bakterie, Methylobacterium symbioticum SB32, bevat. Nadat dit op die blare gespuit is, dring die mikro-organismes deur die stomata die plant binne en koloniseer in die blaarweefsel. Sodra die kolonie gevestig is, begin die bakterie atmosferiese stikstof bind en omskakel na ammonium – ‘n plantbeskikbare vorm van stikstof.
Dit is internasionaal bewys dat sowat die helfde van alle toegediende stikstof nie deur plante gebruik kan word nie as gevolg van verskeie abiotiese faktore soos beperkende grondtoestande wat opname belemmer asook uitloging. Plante ervaar dus verskeie periodes in die groeisiklus waar stikstof benodig word, maar nie genoegsaam beskikbaar is nie. Met die toediening van BlueN™ kan die plant nou meer effektief funksioneer en ‘n beter interne voedingstatus handhaaf gedurende die hele groeisiklus. In meer as ‘n duisend internasionale proewe, op ‘n verskeie gewasse, is bewys dat die gebruik van BlueN™ ‘n meetbare opbrengsverhoging kan gee, veral wanneer dit as deel van ‘n geïntegreerde voedingsprogram gebruik word. BlueN™ is die eerste biostimulant ter wêreld wat deur die Amerikaanse landbou departement “Processs verified programme” bevestiging kon verkry (https://www.global-agriculture.com/global-agriculture/corteva-agriscience-receives-first-usda-verification-for-biostimulant/).
Nog ‘n belangrike voordeel van BlueN™ is die bydrae tot volhoubaarheid. BlueN™ bied aan produsente die potensiaal om met die gebruik van omgewingsvriendelike en biologiese oplossings die plant se voedingstatus te verbeter en opbrengste te verhoog. Dit is in lyn met die wêreldwye skuif na regeneratiewe landbou en volhoubare boerderypraktyke.

Die nuwe produk sorg dat die plant stikstof nie net uit die grond uit nie maar ook vanuit die atmosfeer kan opneem om die metabolisme van die plant te verbeter, en op die ou end jou oes te verhoog.
Navorsing en wêreldwye vennootskappe
Ane en Willie het ook beklemtoon dat Corteva voortdurend belê in navorsing en ontwikkeling. Omdat hulle ‘n internasionale voetspoor het, kan hulle nuwe tegnologieë eers in ander lande toets voordat dit in Suid-Afrika bekendgestel word. Produkte soos Aubaine en die Arylex-reeks het reeds bewese sukses behaal in lande soos Australië en die VSA, wat soortgelyke uitdagings het in terme van onkruidweerstand en klimaatstoestande. Hierdie internasionale ervaring gee plaaslike boere groter gemoedsrus dat die oplossings wat hier aangebied word, onder verskeie toestande beproef is en betroubaar presteer.
Corteva werk deur ‘n netwerk van handelaars en landboukundiges om te verseker dat boere toegang het tot die regte produkte en kundigheid. Dit beteken produsente kry nie net ‘n bottel chemikalie nie, maar ook die ondersteuning en advies om seker te maak dat dit reg aangewend word vir maksimum effek.
In ‘n tyd waar elke rand en elke kilogram graan tel, maak oplossings soos Aubaine, die Arylex-reeks en BlueN™ ‘n verskil. Hulle gee boere die geleentheid om onkruide proaktief te beheer, stikstofbenutting te verbeter en terselfdertyd ‘n meer volhoubare boerderypraktyk te volg. Corteva se teenwoordigheid by NAMPO Kaap het weer gewys dat hulle verbind is om Suid-Afrikaanse boere te ondersteun met innoverende, wetenskaplik beproefde produkte wat beide produktiwiteit en omgewingsverantwoordelikheid bevorder.
Vir meer inligting oor hierdie produkte en hoe dit op jou plaas ingespan kan word, besoek www.corteva.co.za of skakel jou naaste handelaar.
- BlueN: REG NO. M505 Act No. 36 of 1947
- Aubaine® 518 SC: Reg. No. L11069 Act No. 36 of 1947
- Pixxaro® 266 EC: Reg. No. L11191 Act No. 36 of 1947
- Quelex 200 WG: Reg. No. L10759 Act No. 36 of 1947
- Tarzec 320 WG: Reg. No. L10760 Act N Act No. 36 of 1947