Categories: Artikels, Meganisasie, NuusPublished On: 1st November 2022

CNH Industrial AG & CE SA stel nuwe besturende direkteur aan

By 2 min read
393 words

Case

acques Taylor, nuwe besturende direkteur van CNH Industrial AG & CE SA.

Artikel voorsien

Jacques Taylor is vanaf 1 Oktober 2022 as die nuwe besturende direkteur van CNH Industrial AG & CE SA aangestel, en neem verantwoordelikheid vir die leierskap en ontwikkeling van die CNH Industrial AG & CE-groep in Suider-Afrika.

Jacques sal aan die hoof staan van beide die landbou- en konstruksiesegmente vir die CASE IH- en New Holland-handelsmerke en ՚n invloedryke rol speel om voort te bou op albei afdelings se reeds uitstaande reputasie wat die vorige bestuur en sy besturende direkteure gevestig het. Met meer as 20 jaar se bedryfspesifieke ondervinding in verskeie leierskaprolle en hoëprofielposte, bring Jacques sterk vaardighede en ՚n uitstekende reputasie vir hoë prestasie, spanleierskap en verhoudingsbou saam met hom.

Hy is bekend as ՚n skeppende strateeg, ՚n beslissende leier, en het ՚n indrukwekkende rekord in die bereiking van inkomste- en sakegroeidoelwitte. Sy vermoë om die beste in sy span na vore te bring deur ՚n gesonde en aangename werksomgewing te skep, sal verder bydra tot die groei van die maatskappy en ՚n positiewe kultuur in die werkplek en in die mark kweek.

Jacques het tot onlangs die pos van afdeling-besturende direkteur: Case IH beklee sedert die verkryging van die Suid-Afrikaanse verspreider, Northmec, deur CNH Industrial in Januarie 2021. Sy vroeër ervaring sluit die bank- en finansiessektor in waar hy verskeie direkteur- en bestuursposte by Standard Bank se landbou-afdeling beklee het (insluitend hoof van die Landbou-afdeling), waarna hy sy loopbaan in die landboutoerustingbedryf in Afrika en Europa begin het.

Volgens Jacques is die maatskappy daarop ingestel om sy markleiersposisie in trekkers en stropers te versterk, terwyl die platforms vir presisielandboutegnologie uitgebrei word. Deurlopende aandag sal gegee word aan naverkope-ondersteuning en die handelaarsnetwerk.

Belangriker nog, die maatskappy sal sy energie fokus op ՚n maatskappykultuur waar die kliënt die middelpunt van sy strategie is, om te verseker dat plaaslike produsente tuis voel wanneer hulle met enige van die CNH Industrial-handelsmerke te doen kry. Die maatskappy is opgewonde om Jacques in hierdie belangrike posisie te verwelkom en sien uit na die verskil wat sy energie en kundigheid gaan maak. Die maatskappy het hom ook geprys vir sy bydraes tot dusver en vir die groei wat hy na die CASE IH-afdeling gebring het.

Ons wens hom sterkte toe in sy nuwe pos en ons is vol vertroue dat hy ՚n beduidende bydrae tot die groei en sukses van die CNH Industrial Group sal maak.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0