Categories: NewsPublished On: 2nd November 2016

Chalmar Beef stel nuwe lamsvleisproduk bekend

By 1 min read
268 words
Chalmar Lamb

cb_lamb

Chalmar Beef, bekende vleishandelsmerk wat fokus op gehalte vleis, het so pas in hulle 47 ste herdenkingsjaar ‘n nuwe produk, Chalmar Lam, bekendgestel. Hulle het ook aangekondig dat hulle nuwe voerkrale vir lammers bou en hulle het aanbouiings by hulle beesverwerkingsaanleg gedoen.

“Soos met ons beeste is die hele skaaplamproduksiestelsel gerat om ‘n uitsonderlike produk te produseer. Ons gaan ook kyk na nuwe gewilde snitte, soos in Australië, asook gerieflike aankoopmetodes vir die publiek soos ons aanlynverkope en tuis afleweringsdiens,” sê Sarah Wethmar, direkteur by Chalmar Beef.

Chalmar Beef het geweldig gegroei die afgelope paar jaar en het ‘n vlak bereik waar verdere uitbreiding sou beteken dat hulle in ‘n minder selektiewe mark sou moes beesvleis verkoop. “Ons produseer nie ‘n kommoditeit nie en het besluit om dus die onderneming te laat groei deur lamsvleis aan ons huidige beesvleiskliënte – wat beslis fynproewers is – aan te bied. Die swak gehalte van lamsvleis wat oor die algemeen beskikbaar is, het definitief die deur hiervoor oopgemaak,”  voeg sy by.

Chalmar Beef het op 31 Oktober hulle eerste lammers geslag. “Die projek is aangedurf met ‘n langtermyn uitkyk so daar is in die stadium nie ‘n einddatum nie. Ons sal aanhou om uit te brei tot ons voel ons die prima mark is versadig.”

Die droogte het natuurlik ‘n groot invloed op hierdie organisasie gehad.

“Die droogte se impak was baie negatief op vleispryse en ek glo dit gaan nog vir ten minste drie jaar ervaar word in die beesbedryf. Ek glo groot opskuddings gaan kom in die voerkraalbedryf,” sê Sarah.

Chalmar Lam sal in November by die Wethmar-woning in Bapsfontein bekendgestel word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0