Jokes
Dom Boer se lag vir die dag:
GROOT verrassing Wat ‘n man darem alles sal doen net om sy vrou gelukkig te maak: Knyphand en sy vrou, Modepoppie, loop in die straat. Skielik steek Modepoppie voor ‘n winkelvenster vas en roep verwonderd uit: “Lieferlofen! Kyk net hierdie pragtige rok! Dit is die mooiste rok in die[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Kan nie stry nie Is die storie waar wat hulle my vertel dat ‘n hawelose analfabeet niks het om oor huis toe te skryf nie?
Dom Boer se lag vir die dag:
Knap speurwerk Watson: “Hoe het jy geweet die ou wat nou net hier was is ‘n vriendelike motorfietsryer?” Holmes: “Elementêr my liewe Watson – daar sit muggies tussen sy tande.”
Dom Boer se lag vir die dag:
In die poskantoor Suinige Hetta: "Ek verstaan as 'n mens 'n telegram stuur betaal jy net vir die woorde, nie vir jou naam en van ook nie." Poskantoorklerk: "Dit is heeltemal reg." Suinige Hetta: "Nou ja, ek wil 'n telegram stuur wat net my naam en van bevat." Poskantoorklerk:[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Welberese onbelesene Hennie: “Wel Heinie, as jy so baie in die wêreld gereis het soos jy vertel, moet jy seker alles van Aardrykskunde af weet.” Heinie: “Nee tog nie – dit is nou een van die min plekke wat ek nog nooit besoek het nie.”